Verlig die ongemak deur ons wenke vir tegnologie-vrye pret te volg en laat die vakansie sommer al op die vliegtuig begin!
1. Pak verskeie kleure klei in jou handbagasie. Dit is maklik om skoon te maak en beloof om die kleinspan vir ure te vermaak.
Gebruik ons klei-resep om veilige, omgewingsvriendelike klei te maak:
Wat jy benodig:
- 2 k koekmeel
- 1 k sout
- 20 ml kookolie
- 10 ml kremetart
- 2 k water
- Voedselkleursel van jou keuse
Plaas al die droë bestanddele in ’n pot. Voeg die water, olie en kleursel by. Kook dit oor lae hitte en roer gedurig. Sodra dit die regte tekstuur bereik, laat dit effe afkoel en knie dan op ’n meelbestrooide oppervlak.
2. Maak prettige vingerpoppe uit vilt. Jou kind sal dit baie geniet!
Hier is ’n maklike manier om vingerpoppe te maak:
Wat jy benodig:
- skêr
- vilt in die kleure van jou keuse
- naald en gare
- handwerkgom
- kleurpapier
- kleurpenne
- wol
- Sny reghoekige stukke vilt uit wat effe langer as jou langste vinger is. Draai dit om jou vinger.
- Hou die stuk wat oorvleuel in posisie, haal die vilt van jou vinger af deur ’n speld te gebruik en werk dit aan die bopunt en by die oorvleueling met ’n naald en gare vas.
- Knip ogies, ’n mond en ’n neus uit die kleurpapier en plak stukkies wol aan die bokant vir hare. Jy kan selfs klere op die vingerpoppe teken.
- Wees kreatief!
3. Skep oulike beelde deur verskillende kleure pypskoonmakers te gebruik.
Kyk wie kan die snaakste een maak.
4. Vat inkleurboeke en -potlode saam.
Ma kan ook hieraan deelneem deur Human en Rosseau se Kreatiewe Inkleurboek vir Grootmense aan te skaf.
5. Julle kan bloot ook net by die venster uitkyk en na die pragtige wolke kyk.
Laat jou kind se verbeelding oorneem en kyk watter vorms julle van bó die wolke kan sien!
Lees ook: 5 redes hoekom speletjies speel goed vir jou kind is