Serves:Genoeg vir 5 x 500 ml-bottelsNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Lê jou oes in vir later en maak heerlike slaaie of crudité-borde daarmee.
750 ml (3 k) witwynasyn
375 ml (1½ k) strooisuiker
1 steranys
5 lourierblare
8 swartpeperkorrels
enige van die volgende groente:
1 bossie radyse
8 babawortels, geel of oranje
1 kop blomkool
8 babakomkommers, middeldeur gesny
’n groot hand vol eksotiese tamaties, geskil
’n groot bondel groenbone
6 gaar bababete, middeldeur gesny
Instructions
1 Verhit die asyn, suiker en speserye in ’n groot kastrol oor lae hitte. 2 Roer tot die suiker opgelos is en kook vir 4 min. 3 Blansjeer die sagte groente in gesoute, kokende water en verpak in gesteriliseerde glasbottels. 4 Gooi die warm asynmengsel oor die groente en laat heeltemal afkoel. 5 Sit ’n paar peperkorrels en ’n lourierblaar in elke bottel. 6 Draai styf toe en verkoel.