Kleurregstellende verbloemers word gewoontlik onder die oogarea, om jou neus en oë gebruik. Dit stel donker skaduwees, geel en rooiheid op die vel reg. As jy die regte skakering aanwend, kan jy die perfekte voorkoms skep met jou grimering.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Kleure wat oorkant mekaar staan op die kleurwiel, kanselleer mekaar gewoontlik uit. Dit wil sê, ’n groen kleurregstellende verbloemers sal rooiheid verbloem, pers sal geel kolle verduister en oranje sal sorg dat blou kringe verdwyn. As jy hierdie teorie toepas, kan jy jou grimeerroetine baie maklik maak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Groen staan oorkant rooi op die die kleurwiel, so dit beteken dat groen perfek is om enige rooi merke op jou gesig te verbloem, soos puisies, aknee of littekens. As jy met Rosacea sukkel, sal ’n groen voorbereidingslagie ook help om die ongewensde rooiheid op jou vel weg te steek en jou die perfekte eweredigheid gee vir die voorbereiding van jou onderlaag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Oranje is perfek vir diegene wat sukkel met donker kringe onder die oë, aangesien oranje oorkant blou lê op die kleurwiel. Indien jy ’n ligter vel het, moet jy oranje vermy en eerder ’n ligte verbloemer met ’n appelkoos-skakering gebruik.
’n Pienk kleurregstellende verbloemer is gewoonlik meer van ’n salm kleur en word gemaak deur rooi, oranje en geel te meng. Gelukkig is daar reeds ’n paar pienk verbloemers op die mark. Pienk word gebruik om donker kringe op ligter velle te verbloem.
Pers is die beste vir die bekamping van geel ondertone op die vel. Gebruik ’n pers voorbereidingslagie om geel merkies op jou vel te verwyder, asook om jou vel effens kleur te gee as jou vel baie vaal lyk.
Geel kleurregstellende verbloemers word gebruik om enige letsels wat ’n pers kleur het te verbloem, byvoorbeeld: are, kringe onder die oë en kneusplekke.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.