Rooskleurige eiers
Kook 4 k water, 4 k beet ( in blokkies gesny) en 2 e witwynasyn vir ’n ½ uur saam. Week die eiers vir ’n ½ uur in die vloeistof.
Duifgrys eiers
Vervang die beet deur 4 k gesnyde rooikool. Skep die eiers met ’n gaatjieslepel uit die kleurstof, druk droog met handdoekpapier en laat droog word op ’n draadrakkie.
Karamelkleurige eiers
Vervang die beet deur 6 e gemaalde koffiepoeier.
Geel eiers
Vervang die beet deur 3 e borriepoeier.
Lees ook: Die 3 mooiste herfskranse en versierings wat jy vir Paasfees moet maak