Ons sê ja vir hierdie soort naelkuns! Die moderne oogomlyner word in ’n sterk, reguit lyn getrek en beslis nie met katoog-opwiplyne soos vroeër nie. Vir die nuwe Franse manikuur gebruik jy nou net ’n natuurlike kleur pleks van pienk en vervang die wit punte deur enige kleur van jou keuse.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Essie se naelkunstenaar het met hierdie wit-en-goue naels by Baja East se herfs-vertoning in New York vorendag gekom. Kyk mooi en jy sal sien dit lyk of die goue strepies die letters BE vorm om Baja East se nuwe logo te wys maar dis ook ’n mooi ontwerp wat ons inspireer om soortgelyke strepies en patrone te verf. Essie Blanc (R124,95) is die wit kleur en ’n fyn kwassie wat spesiaal vir die verf van strepies gebruik word, is in Essie Good as Gold (R124,95) gedoop om die streepwerk te doen.
In teenstelling met die romantiese vlegsels wat elke somer te sien is, het hierdie soort vlegsel ’n sterker, meer minimalistiese voorkoms. Daarby is dit supermaklik en vin-nig om te maak. Netjiese vlegsel, rekkie en siedaar!
Hier is nog ’n maklike haarvoorkoms. Maak ’n middelpaadjie en ’n baie lae poniestert wat jy met ’n swart strikkie vasbind. Dit werk goed by ’n uitrusting met skoon lyne en ’n sportiewe gevoel.
Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
Hierdie webwerf gebruik koekies.