Bepaal die grootte. As jy ’n groot woonkamer het, kan die bank hierby inpas. Besluit ook of jy ekstra stoele gaan implementeer asook die grootte van jou koffietafel.
Indien jou vertrek klein is, gaan jou bank definitief die fokuspunt van jou vertrek wees.
Besluit watter vorm vir jou gaan werk. L-vorms is baie gewild, maar werk nie noodwendig in alle vertrekke nie.
Maak seker die bekleedsel is geskik vir jou omstandighede. Wit seemsleer is luuks maar nie geskik vir troeteldiere of klein kindertjies nie.
Kies ’n styl wat jou smaak komplimenteer. As jou smaak klassiek en modern is, kies ’n bank met skoon lyne. Indien jy meer tradisioneel is, kies ’n klassieke ontwerp.
Ons het ’n neutrale bank gekies en ses verskillende voorkomste geskep sonder om die bank te verander.