‘Klein paradys’: Hier is die spanne wat vir R1 miljoen meeding

Soos die gesegde lui: klein, maar getryn. Kleiner leefspasies het die afgelope tyd al gewilder geraak en alles van enkelmotorhuise tot skeepsvraghouers word gebruik om kompakte leefareas in te rig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In kykNET se nuwe leefstyl-realiteitsreeks, Klein paradys, is daar vir ses spanne ’n koel R1 miljoen op die spel, maar om dit wen moet hulle wys dat hulle ’n leë mikro-eenheid binne net vier weke in spoggerige vyfsterverblyf kan omtower. Die reeks begin op 24 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die spanne wat aan Klein paradys deelneem is:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mika en Jannie: Die jong verliefdes

Sy is ’n 23-jarige argitektoniese ontwerper van Durbanville wat al ’n nasionale ontwerpprys ontvang het, en hy is ’n 36-jarige entrepreneur en mededirekteur van ’n nasionale infrastruktuur-konsultasiemaatskappy en woon in die Paarl. Hulle sê hulle werk albei goed onder druk en wanneer dit by gereedskap kom, stem hulle saam dat ’n versteksaag (mitre saw) hul gunsteling is, maar Jannie sal ook ’n koordlose boor byderhand wil hê. Mika se lewensleuse is om teen die stroom te swem – iets wat haar dalk net in Klein paradys handig te pas gaan kom.

Alicia en Claudia: Die sussies van Bloemfontein

Alicia (31) is ’n binnehuisversierder, en Claudia (29) is ’n tatoeëerkunstenaar. Hulle woon in Bloemfontein en is nie bang vir hard werk nie. Hulle weet egter dat susters nie altyd om dieselfde vuur sit nie en dat dit ’n speek in die wiel kan wees wanneer hulle op Klein paradys besluite moet neem. Alicia se gunstelinggereedskap is ’n koordlose 18 V-boor, maar ’n verfkwas is vir Claudia genoeg. Hulle al twee se motto in die lewe is: Dis leeuwêreld!

Juan-Louis en Elri: Die pelle van Potch

Juan-Louis (28) is ’n kinematograaf, en Elri (29) is ’n argitek. Hulle woon in Potchefstroom en is al ses jaar lank huisvriende. Beide mans het al regrukprojekte saam met hulle vroue aangepak, maar hierdie is die eerste keer wat hulle saam werk. ’n Versteksaag is Elri se gunsteling, en Juan-Louis gaan nêrens sonder sy “mesmoertang”, oftewel Leatherman, nie.

Klaas en Yvett: Die deftige duo

Klaas is ’n 50-jarige sakekonsultant, en Yvett (40) is die eienaar van ’n skoonheidsalon. Hulle woon in Pretoria-Oos in Gauteng en glo hulle sterk punte – Klaas se praktiese vaardigheid en Yvett se styl en haar vermoë om probleme op te los – gaan hulle gedugte teenstaanders maak. Hy het altyd ’n boor byderhand, en Yvett sê sy hang eerder in hardewarewinkels rond as in winkelsenstrums. Haar gunstelinggereedskap is ’n kwas, met ’n maatband net ’n kortkop agter, en haar lewensleuse is om alles tot die beste van haar vermoë te doen.

Maggie en Gerrie: Die eklektiese egpaar

Die 36-jarige Maggie is ’n navorsingskommunikasiespesialis en haar man, Gerrie (40), is ’n finansiële adviseur en oudjoernalis. Hulle woon saam met hulle kinders in Durbanville buite Kaapstad. As hulle hul styl moet beskryf, sal dit kleurvol eklekties wees. Sy gunstelinggereedskap is ’n bandsaag en hare is ’n naaldwerkmasjien of verkwas waarmee jy alles kan verbloem, reken sy. Albei se lewensleuse is “gaaf en braaf”.

Johann en Lee-Ann: Die skoonfamilie

Toe Lee-Ann, ’n 38-jarige binnenshuiseontwerp-student van Pretoria, van die kompetisie gehoor het, het sy haar swaer Johann, ’n 34-jarige struktuuringenieur van Durbanville, gevra of hy haar spanmaat sal wees. Hulle glo sy passie vir doen-dit-self-projekte en praktiese benadering saam met haar liefde vir klein spasies ontwerp en probleme buite die boks oplos, maak hulle ’n wenspan. Johann se “multitool” is sy gunsteling wanneer dit by gereedskap kom, en Lee-Ann is weer gaande oor “dans” met ’n bandskuurmasjien.

Die aanbieder van Klein paradys is Robbie Kruse. Robbie het sy loopbaan by Tuks FM by die Universiteit van Pretoria begin en was daarna ’n omroeper by verskeie groot radiostasies. Hy was ook lank een van Bravo! se aanbieders. Robbie is ’n restaurant-eienaar, is betrokke in eiendomsontwikkeling en tree gereeld as seremoniemeester op.

Brandt Bester, ’n sakeman en skrynwerker, is die projekbestuurder van Klein paradys. Sedert 2013 spesialiseer hy in die vervaardiging van meubels en installering van houtwerkprojekte. In Januarie 2022 het hy BB Craft School gestig, en sy fokus is nou uitsluitlik daarop om houtwerkopleiding aan te bied. Sy doel is om meer mense die geleentheid te gee om die vreugde van houtwerk te ontdek en te ervaar en iets met hulle eie hande te skep. Brandt streef daarna om mense te help om daardie eerste stap te neem en selfvertroue op te bou deur te wys dat hulle self dinge kan doen. Sy kursusse bied die nodige aansporing, en hy deel die vaardighede wat hy oor die jare deur sy eie projekte opgedoen het. Hy is ook ‘n direkteur van die Living To Live NPO, wat daarop fokus om behoeftige individue met opleiding en vaardigheidsontwikkeling te ondersteun sodat hulle selfvertroue kan opbou, ’n werk kan kry of hul eie dienste kan aanbied om ’n volhoubare inkomste te genereer.

Tuis se redakteur, Wicus Pretorius, is ’n kenner van nuwe tendense en het ’n goeie oog vir ontwerp. Sy medebeoordelaars is Magdalena Bobotoni, uitvoerende hoof van huishouding by die deftige Saxon Hotel in Johannesburg en met 20 jaar ondervinding in die gasvryheidsbedryf, en Jessica Pieters, die kreatiewe gees agter The DIY Studio op TikTok en wenner van Netwerk24 se Smaakmaker van die Jaar-toekenning in die doen-dit-self-kategorie. Met haar kreatiewe en sjarmante projekte het sy ’n groot aanhang op sosiale media opgebou en inspireer sy daagliks duisende mense om selfdoenprojekte aan te pak.

Klein paradys begin op 24 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Wenke vir ’n klein woonkamer

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Kaasfrikkadelle

Hierdie frikkadelle vries baie goed. Ek verdubbel soms die hoeveelheid en maak vleiskoekies vir hamburgers…

7 hours Gelede

Kinders: kos wat slim maak

Kinders leer en presteer op hul beste as hul brein gevoed word met die regte…

9 hours Gelede

Cintaine Schutte oor haar rol in ‘Wyfie’: “Mense moet gesprekke hê oor hierdie goed”

Wyfie het ’n toekenningsmasjien vir Showmax geword, met pryse by MIP Africa en die Silwerskermfees, en…

1 day Gelede

Ons 5 beste lente-koekies

Blomkoekies Genoeg vir 12 Ek het ’n bosseleer- (reliëfdruk) matjie gebruik. Die patroon op die…

1 day Gelede

Thaise visgebak

Resep deur Vickie de Beer

1 day Gelede

Nico Scheepers, skrywer en regisseur van Nêrens, Noord-Kaap vertel meer oor Deel II se talentvolle jongspan

Daar is ’n gesegde in die vermaakbedryf dat jy nooit met kinders, water of diere…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.