Alhoewel die kombuis-area hoofsaaklik klassiek is, het dit deeglike skeute van landelike elemente, kothuis-kwaliteite en weereens ’n Franse kinkel.
Omdat die kombuis se raamwerk so eenvoudig is, is dit maklik om die styl met bykomstighede na willekeur te verander. Van elegant tot plattelands met die plasing van tipiese elemente.
Die kombuis is ruim en geskik vir ’n groot gesin om saam in te kuier. Die sagte groen kleur van die kaste skep eenvormigheid en koppel die onderskeie dele van die kombuis. Al verskil die ontwerp van die kaste, vorm dit ’n perfekte eenheid. Die wenresep hier is: uitstekende vakmanskap en die slim benutting van spasie en kwaliteit.