Meng die versiersuiker, kondensmelk en klapper. Voeg die suurlemoensap bietjie vir bietjie by tot dit ’n werkbare deeg vorm en nie meer krummelrig is nie.
Verdeel die deeg in twee dele. Druk die een helfte in ’n 20 x 23 cm-pan wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Voeg die aarbei- en voedselkleursel by die ander helfte van die mengsel en meng goed.
Skep dit op die wit klapperys, maak gelyk en druk effens vas. Sit in die yskas tot gestol. Keer uit en sny in ewe groot blokke.