Resep: Vickie de Beer, bygestaan deur Inemarie Rabie. Foto: Lindy Kriek
• 2 e (30 ml) olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 3 k (750 ml) hoenderaftreksel
• 1 blik (400 ml) klapperroom
• 1½ k (375 ml) arboriorys (risottorys)
• ½ k (125 ml) witwyn
• 30 g botter
• sout na smaak
Instructions
1 Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte. Braai die ui vir 4-5 min. daarin tot sag. Voeg die knoffel by en braai vir nog 3 min. 2 Gooi die aftreksel en klapperroom in ’n ander kastrol, bring tot kookpunt en verlaag die temperatuur baie. 3 Gooi die rys by die uie in die ander kastrol en braai vir 2-3 min. of tot die rys liggies gerooster is en met olie bedek is. 4 Gooi die wyn by en roer tot al die alkohol uitgekook is. 5 Gooi ½ k van die warm aftrekselmengsel op ’n slag by en roer tot al die vog weggekook is. Herhaal tot die aftreksel op is, of tot die rys gaar is. 6 Meng die botter deur en geur na smaak.