Klapperroom-risotto
Klapperroom-risotto
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Resep: Vickie de Beer, bygestaan deur Inemarie Rabie. Foto: Lindy Kriek
- • 2 e (30 ml) olyfolie
- • 1 ui, fyngekap
- • 2 knoffelhuisies, fyngekap
- • 3 k (750 ml) hoenderaftreksel
- • 1 blik (400 ml) klapperroom
- • 1½ k (375 ml) arboriorys (risottorys)
- • ½ k (125 ml) witwyn
- • 30 g botter
- • sout na smaak
Instructions
1 Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte. Braai die ui vir 4-5 min. daarin tot sag. Voeg die knoffel by en braai vir nog 3 min.
2 Gooi die aftreksel en klapperroom in ’n ander kastrol, bring tot kookpunt en verlaag die temperatuur baie.
3 Gooi die rys by die uie in die ander kastrol en braai vir 2-3 min. of tot die rys liggies gerooster is en met olie bedek is.
4 Gooi die wyn by en roer tot al die alkohol uitgekook is.
5 Gooi ½ k van die warm aftrekselmengsel op ’n slag by en roer tot al die vog weggekook is. Herhaal tot die aftreksel op is, of tot die rys gaar is.
6 Meng die botter deur en geur na smaak.
Catherine Schenck
Lees Meer
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025
Dadelkoek
16/01/2025