Instructions
1 Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Spuit twee 20 cm-koekpanne met kleefwerende kossproei, of smeer goed met botter.
2 Sif al die droë bestanddele, behalwe die klapper, in ’n groot mengbak. Gebruik ’n elektriese staanmenger met die ballonklitser aangeheg. Verroom die botter en suiker baie goed saam. Voeg die vanieljegeursel by. Voeg die eiers een vir een by en skraap die kante van die mengbak af soos nodig.
3 Meng ’n derde van die droë bestanddele met ’n stadige spoed by die eiermengsel in. Voeg die klapperroom in 2 dele by en wissel dit af met die meelmengsel. Meng die beslag baie goed deur. Meng laastens die fyn klapper by.
4 Verdeel die beslag tussen die koekpanne en bak vir 50-60 min. Laat die koeke effens afkoel in die pannetjies, keer uit op ’n draadrakkie en laat heeltemal afkoel. Sny die koeke se gekoepelde bokante met ’n koeksnyer af.
Maak nou die witsjokolade-botterversiersel
1 Gebruik ’n elektriese staanmenger met die ballonklitser aangeheg. Verroom die botter, versiersuiker en vanieljesaadjies tot lig en donsig. Skraap die kante van die mengbak af en klits weer totdat dit amper spierwit is. Klop die gesmelte witsjokolade by tot dit goed deurgemeng is.
2 Sny elke koek in twee lae horisontaal deur (4 lae altesaam). Sit die eerste laag (die onderste laag van die een koek) op ’n koek- of ’n opdienbord en smeer ’n dun lagie versiersel oor. Sit die tweede laag bo-op en voltooi al die lae. (Eindig met die onderste laag van die ander koek.) Rond die koek mooi af deur ’n gladde laag versiersel reg rondom die koek te smeer. Maak die bokant ook gelyk en maak die rand skerp. Versier met blommetjies al om die onderkant van die koek.