Begin ’n dag voor die tyd met die meringues en laat dit oornag uitdroog. Of nóg makliker: jy kan die tertjies ook sonder die meringue voorsit. Die grenadellasmeer en die klapperdoppies kan tot 3 dae voor die tyd gemaak word.
sap van 8 vars grenadellas (of 100 ml geblikte grenadella-pulp)
50 g (50 ml) botter, in blokkies gesny
2 eiers
75 g (75 ml) strooisuiker
Voorverhit die oond tot 100°C.
Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei.
Instructions
Begin met die meringues: klits die eierwitte met ’n elektriese klitser tot dit sagte punte vorm. Voeg die suiker bietjie vir bietjie by en klits tot die meringue blink en glad is. Skep die meringue in ’n spuitsak met ’n 1 cm-tuit en spuit op die bakpapier sirkels van ±1½ cm in deursnee. Vorm met die tuit ’n torinkie in die middel van die meringue. Laat die meringues vir 4 - 6 uur uitdroog. Laat jou oonddeur effens oop as jy dit oornag wil uitdroog. Haal uit die oond, laat afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.
Spuit 2 klein muffinpannetjies met ’n inhoudsmaat van 15 ml (1 e) elk met kleefwerende kossproei.
Meng die klapper, eierwit en suiker in ’n middelslag-mengbak. Druk 2 t van die klappermengsel in die pannetjie vas en bedek met foelie. Bak vir ± 20 min. of tot geset. Haal die tertdoppies versigtig uit die pan en laat op ’n draadrakkie afkoel. Berg in ’n lugdigte houer.
Smeer intussen die grenadellapulp deur ’n sif en behou die helfte van die pitte. Verhit die grenadellasap en botter in ’n klein kastrol tot die botter gesmelt is. Haal van die hitte af en hou eenkant.
Meng die eier en suiker tot lig en romerig. Voeg die grenadellamengsel geleidelik by en hou aan roer tot alles bygevoeg is. Giet die mengsel terug in die kastrol en roer deurentyd oor ’n lae hitte tot dit begin verdik (nie kook nie). Skep die helfte van die grenadellapitte weer by die grenadellasmeer en meng goed. Laat afkoel, bedek met kleefplastiek en berg in die yskas.
Net voor jy dit voorsit: skep die grenadellasmeer in die klapperdoppies en sit ’n meringue op elkeen.