“Ek het al wonderlike dinge in my praktyk sien gebeur,” sê Carin Smit, neurotoksoloog van Roodepoort, wat AIT gebruik om veral kinders met leerprobleme, van outisme en aandagafleibaarheid tot probleme met konsentrasie, depressie en motivering te behandel. Dit werk ook met allergieë en chroniese simptome, sê sy.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Carin vertel dat sy ook van tyd tot tyd AIT vir haarself gee. Sy het voorheen aan chroniese laegraadse depressie gely. Sy het ook sosiale interaksie in groot groepe vermy omdat sy dit nie geniet het nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Corné Coetzee vertel: “’n Paar maande nadat ek my eerste sessie gekry het, het my kollega my daarop gewys dat ek makliker en beter gesosialiseer het. My depressie het verdwyn. Selfs my handskrif verbeter nadat ek ’n kursus gehad het! Dis omdat die sentrum wat hand-en-oog-koördinasie beheer, gestimuleer word. Dis ook waarom AIT kan help met disleksie.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Sy gebruik AIT ingebed in ’n program wat ’n reeks aanvullings en ’n goeie dieet (gewoonlik sonder graan, suiwel, neute, sade, peule en suiker) insluit. Sy grond haar benadering op die aanname dat die brein net kan werk met die voedingstowwe wat in die dieet aanwesig (of afwesig) is. Carin sê kinders met leerprobleme is dikwels ongesond. Hulle het allergieë, en dikwels ’n geskiedenis van vroeë oorinfeksies. Dit het die gevolg dat ’n aantal breinsentrums nie optimaal gestimuleer is nie en steeds nie optimaal funksioneer nie.
Die brein prosesseer inligting – onder meer klank – deur dit in klein stukkies op te breek. Die brokkies word na verskillende departemente of strukture in die brein gestuur waar dit verwerk word. Sommige het te doen met instinktiewe reaksies – soos om jou kop in die rigting van ’n onverwagse geluid te draai – en ander word met ’n lang pad na die korteks gestuur, die deel van die brein waar ’n mens bewustelik die klank kan interpreteer, willekeurige spiere beheer en besluite neem. Langs die pad reis die impuls deur verskeie sentrums in die brein wat elkeen soos by ’n rangeerwerf impulse in spesifieke rigtings stuur en nuwe verbindings laat gebeur.
Gemodifiseerde klank stimuleer dus veel meer as net die gehoor. In twintig opeenvolgende sessies van gefilterde klank kry ’n brein baie oefening om nuwe en onvoorspelbare klanke te sorteer en te verwerk. Breinstrukture begin met aangrensende strukture kommunikeer in nuwe reekse stroombane of netwerke en begin nuwe konneksies vorm.
Die effek van ’n kursus AIT is soms onmiddellik, dramaties, maar soms kan dit eers ná ’n paar maande ervaar word.
Karen en Gerhard Brits se tweede seuntjie, Hardus, is ’n maand of wat vroeg gebore. Hy het slegs 1 uit 10 op die Apgar-skaal gekry. Sy babadae was moeilik, met ’n swak immuunstelsel en agterstande in al die ontwikkelingsmylpale. Maar nog meer swaarkry het voorgelê. Teen drie het Hardus steeds met die vinger gewys as hy iets wil hê, en as niemand hom verstaan het nie, “het hy woedebuie gekry wat skrik vir niks. En as hy so was”, vertel sy ma, “was daar niks, maar niks, wat enigiemand kon doen om hom tot bedaring te bring nie.
Die Britse het by talle dokters en spesialiste aangeklop. Daar was waglyste, kommer, soms sprankies hoop. Sy boetie Gerhard, so drie jaar ouer as Hardus, het allermins die aandag gekry wat hy nodig gehad het. Pa Gerhard, wat ’n stresvolle werk by die gevangenisdiens gehad het, was op antidepressante. In ’n stadium het Karen vanaf Brits waar hulle op ’n plaas woon, elke dag na Unika, die skool vir outistiese kinders in Pretoria, gery en in skooltyd as kelnerin gewerk. Ná sy van pure stres en uitputting ’n ernstige ongeluk gemaak het, het haar man nagskof gewerk en in skooltyd by die skool geslaap.
Uiteindelik het hulle die Meerhof-skool op Brits genader, “eintlik op ons knieë gesoebat”, lag Karen nou, om Hardus in te neem. Meerhof is ’n skool vir fisiek gestremde kinders. Dis by Meerhof dat Karen die eerste keer van Carin Smit se klankterapie gehoor het toe die spraakterapeut by die skool haar na Carin verwys het. “En toe verander ons kind en ons lewe,” sê Karen. Carin Smit het urine, haar- en bloedmonsters van Hardus laat toets en vir hulle gewys hoeveel gifstowwe in hul kind se lyfie was. Hy was gehoorsensitief en tassensitief
Sy het sy dieet drasties verander en hande vol aanvullings aanbeveel. En AIT. Karen sê Hardus se gehoorsensitiwiteit het dadelik verbeter. Hy het voorheen histeries geraak oor geraas, soos wanneer dit reën, maar is nou baie rustiger. En hul kind het leer praat – kort voor hy ses geword het.
Hy het in die afgelope vier jaar drie AIT-kursusse gekry en “met elke kursus verbeter sy spraak”, sê Karen. “Sy gedrag ook, en ek kan sien dat AIT elke keer ’n bydrae lewer.” Hardus is nou tien jaar oud. Hy is steeds in Meerhof en is nou in die spesiale graadeenklas.”Waar hy nou is, en waar hy was, is twee wêrelde.” As daar een ding is wat sy vir ouers wil sê, is dit om hulp te kry. “Hoe vroeër, hoe beter. En ook: daar is hoop.”
• gehoorprobleme
• spraakgebreke
• gebrek aan spraak
• gehoorsensitiwiteit
• konsentrasie
• geheue
• balans en koördinasie
• depressie
• motoriek
• tinnitus
• allergieë
• disleksie
• aandagafleibaarheid
• spiertonus
• visueelmotoriese leergestremdhede
• outisme
AIT kan soms op kort termyn negatiewe neweeffekte hê wat hiperaktiwiteit, vermoeidheid, groter of kleiner eetlus, hoofpyn, geïrriteerdheid en naarheid insluit. Geen langtermynskade is tot nog toe gedokumenteer nie. Sowat 28 studies is al wêreldwyd gedoen.
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…
Bestanddele 500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…
Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. …
Maak werk van dié kwessies en kry weer woema terug! #rrTussenOns
Die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het vandag in ’n video op sosiale media…
Hierdie webwerf gebruik koekies.