Bestanddele:
- 500 g pampoenblokke
- sout en gemaalde swartpeper
- 5 groot eiers
- 15 ml xylitol
- 150 g botter, gesmelt en afgekoel
- 250 ml (1 k) dubbeldikjogurt
- 125 ml (½ k) amandelmeel
- 125 ml (½ k) klappermeel
- 10 ml (2 t) bakpoeier
Metode:
Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Voer ’n 18 cm x 8,5 cm-pannetjie met bakpapier uit.
- Sit die pampoenblokke op ’n bakplaat en geur met sout en peper.
- Rooster vir 30-35 min. tot sag en droog.
- Verpulp met ’n stokmenger. Hou eenkant.
- Klits die eier en xylitol tot lig en donsig.
- Voeg die botter, jogurt en pampoenpuree by en meng goed.
- Meng die amandel- en klappermeel en bakpoeier. Gooi die eiermengsel by en meng goed.
- Skep die beslag in die voorbereide pan en bak vir 40-45 min.
Variasies
Geroosterde tamaties met basiliekruidpesto
• Laat die pampoen weg.
• Rooster 1 k kersietamaties tot sag en gaar en roer saam met 30 ml pesto by die basiese beslag in.
Murgpampoentjie-en-fetakaas
1 Laat die pampoen weg. Gooi 1 k grof gerasperde murg-pampoentjies en ’n ¼ k gekrummelde fetakaas by die basiese beslag.