• 250 ml (1 k) koekmeel
• 10 ml (2 t) koeksoda
• 5 ml (1 t) sout
• 310 ml (1 1/2 k) semels
• 60 ml (4 e) bruinsuiker
• 125 ml (1/2 k) sultanas
• 300 ml (1 k + 3 e) karringmelk
• 2 eiers
• 4 rooi appels, gerasper
Voorverhit die oond tot 200 ºC; spuit ’n muffinpan met kleefwerende kossproei.
1 Sif die koekmeel, koeksoda en sout saam.
2 Voeg die semels, suiker en sultanas by.
3 Meng die karringmelk, eiers en appel, en klits tot skuimerig (moenie te veel klits nie). Voeg die mengsel by die droë bestanddele en meng goed.
4 Giet elke holtetjie drie kwart vol met die muffinmengsel.
5 Bak 15-18 min. tot gaar en goudbruin. Dit is ’n klam muffin met ’n sonderlinge tekstuur – al lyk hulle nie gaar nie, behoort hulle ná die aanbevole baktyd gaar te wees.