Kits-frikkadelle in in geroosterde rissie en tamatiesous
Kits-frikkadelle in in geroosterde rissie en tamatiesous
Serves:Genoeg vir 6-8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
• 1 hoeveelheid basiese tamatiesous (klik hier vir die resep)
• 4 groot rooi soetrissies, geskroei en skille afgetrek
• 2 rooi brandrissies, pitte en wit vliesies uitgekrap
Kitsfrikkadelle
• 10 ml (2 t) olyfolie
• 500 g (1 pak) geurige boerewors
• 250 g buffelmelk-mozzarella, in stukke geskeur
• ’n hand vol basiliekruidblaartjies
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 200 °C 2 Rooster die soetrissies tot sag en gaar. Haal uit en laat afkoel. 3 Trek die harde skilletjies van die soetrissies af en verpulp met ’n stokmenger of in ’n voedselverwerker. 4 Maak die tamatiesous soos langsaan beskryf en voeg die soetrissies by. 5 Laat vir 10 min. oor lae hitte prut. Hou eenkant. Skep in ’n oondvaste pan. 6 Knyp klein bolletjies uit die wors. Braai in die verhitte olie tot goudbruin. 7 Skep die kitssfrikkadelle by die tamatiesous en pak die kaas tussen die frikkadelle. 8 Bak vir 10 min. tot die kaas begin smelt. 9 Haal uit, strooi die basiliekruid oor en sit warm saam met pasta voor.