King Price is baie meer as net nog ’n versekeraar. Ons doel is nie net om koninklike dekking te verskaf nie, ons wil ’n verskil in ons kliënte se lewens maak.
Ons is die eerste (en steeds die enigste) versekeraar in die wêreld wat jou omvattende motorpremie elke maand verminder. Dit maak net nie vir ons sin dat jy meer moet betaal vir iets wat sy waarde verloor nie. Gedurende die laaste nege jaar het ons ons kliënte al meer as R200 miljoen gespaar, juis danksy premies wat maandeliks verminder.
Wanneer jy twee of meer motors by ons verseker, kan jy tot en met 20% aflsag op jou premie kry, en saam met ons omvattende motorversekering kan jy goed soos jou gholfstokke, fiets of gehoorapparaat teen slegs R1 per maand verseker. Nee, dis nie ’n tikfout nie. Dit kos regtig net R1 per maand.
Boonop is code red op ons toep daar vir jou wanneer jy bedreig voel, in gevaar is of wanneer daar ’n mediese noodgeval is. Met die druk van ’n rooi knoppie kom die naaste gekoppelde gewapende reaksie-motor of nooddiens tot jou redding.
Gepraat van nood… Wanneer jy jou probleem in die koning se hande sit, word die probleem opgelos. Dis danksy ons hulp wat dinge insluit soos wanneer jy sonder petrol langs die pad gaan staan, jou sleutels in die kar toegesluit is, mediese bystand benodig, of ’n slotmaker se dienste benodig.
En hoe bied ons al hierdie dinge, en nog baie meer, aan? Met vriendelike, flinke, koninklike diens.
Ons polisbewoording word so aangebied dat dit eenvoudig en maklik is om te verstaan. Ons gebruik nie groot woorde wat jou kop laat draai nie, ons gebruik alledaagse taal en maak seker dat dit wat ons aanbied, altyd regverdig is.
Dis juis hoekom ons onlangs deur die land se verbruikers as die top-versekeraar aangewys is.*
Vir meer inligting of om ’n kwotasie te kry, SMS ‘king’ na 44073.
Gelisensieerde versekeraar I FDV nr. 43862
*MoneyWeb; van PwC SA en Brandseye; 2021