kategorieë: Leef gesondGesondheid

Kinders & vitamiene

Vir al hul vitamiene

As jou kinders elke week hierdie kos kry, kry hulle al die nodige vitamiene, van A, C, D E tot K in. Dit sluit ook al die B-vitamiene in, soos folaat, biotien en niasien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die superkoslys is: Volroom of 2% laevetmelk, kaas, eier, maer rooivleis, hoender, vis, grondboontjiebotter, groenbone, spinasie, broccoli, alle soorte kool, wortels en tamaties en enige vrugte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vir al hul minerale

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gee jou kind elke week hiervan om die hele spektrum te dek, insluitende kalsium, kalium, magnesium, swael, fosfor, yster, koper, sink, natrium en chloried:

Melk, kaas, jogurt, eiers, vis, hoender, vleis, pietersielie, sardiens, grondboonbotter, neute, lewer, hoender, bone, heelgraanpap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir al die ekstras

Jou kind het ook chroom, jodium, fluoried, selenium en kobalt nodig, wat hy uit dié kosse kry: Heelgraanpap soos hawermout en heelgraanbrood, olyfolie, vleis, melk, jogurt, kaas, gejodeerde sout.

Wat van aanvullers?

Daar is nie oortuigende bewyse dat kinders wat normale huiskos eet veel by vitamiene baat vind nie. Maar daar is uitsonderings – dié met ’n melkallergie, diabetes, AAHS of AAS en crèche-kinders.

Voorkeurlys vir crèche-kinders

Hy word aan baie meer kieme blootgestel. Help sy immuniteit bou met sink, multivitamien, mineraalaanvulling, probiotika, omega 3-salmolie (500 – 1 000 mg per dag).

Beste ekstras vir diabete

Kinders met tipe 1-diabetes het baie goeie vitamien- en mineraalaanvullings nodig omdat die liggaam baie vitamiene en minerale uitskei in sy poging om van oortollige suiker ontslae te raak. Vra jou dieetkundige om die beste aanvuller voor te skryf met die korrekte dosis gegrond op jou kind se gewig.

• Kyk veral vir multivitamiene wat yster en sink bevat.
• Kinders met tipe 1-diabetes se kanse om hart- en bloedvatsiektes te ontwikkel is 30% hoër as gewone mense s’n. Daarom is dit baie belangrik dat hulle van vroeg af omega-3-aanvullings neem om hulle te beskerm.
• ’n Chroom-aanvuller help veral om suikervlakke bestendig te hou, omdat dit die goeie absorpsie van insulien aanhelp. Chroom help ook met die opname van alle vitamiene en minerale.
• Nuwe navorsing wys dat daar ’n sterk verband tussen ’n vitamien D-tekort en diabetes is. Jy kan jou kind se vitamien D-vlakke deur ’n bloedtoets laat bepaal. Vitamien D beskerm die hart en pankreas en help met konsentrasievlakke.

Ekstra vir kinders met melkallergie

Sy skelet moet op ander maniere gebou word. Sorg vir 1 000 mg kalsiumaanvuller per dag, verdeel in twee dosisse van 500 mg sodat die liggaam dit beter opneem. Kies ’n aanvuller wat vitamien D bevat. Multivitamien & mineraalaanvuller. As jou kind asma of gereelde lugweginfeksies soos brongitis kry, maak seker sy mineraalaanvuller bevat 10-15 mg sink ook.

Beter konsentrasie vir kinders met AAHS en AAS

Help sy brein optimaal werk met 1 000 mg omega-3-olies (salmolie is die beste), multivitamien, mineraalaanvuller met sink en yster.

Onthou vitamien L

Dit is die belangrikste van almal.
Dosis: Oordosering onmoontlik
Wat dit doen: Waarborg gelukkige, gebalanseerde kinders
Bron: Ma se hart

Lees ook: Help jou kind dié oorgange baasraak

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…

2 days Gelede

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die April-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Die lied van haar lewe Sy het ʼn Safta-toekenning vir haar spel in…

2 days Gelede

WEN dubbelkaartjies na nuwe teaterproduksie ‘Ingrid: ‘n Vlam in die Sneeu’!

Vir die eerste keer op die verhoog word die intieme en hartstogtelike liefdesbriewe tussen Ingrid…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Sean Aucamp-van Noordwyk oor sy draai in ‘Suidooster’

Die akteur Sean Aucamp-van Noordwyk (30) het vandeesweek sy verskyning in die gewilde kykNET-sepie, Suidooster,…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Regte egte boskos kortwiek byna van die deelnemers

“Daar’s ’n paar goed wat natuurlik so ég Suid-Afrikaans is, dis so moeilik om dit…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.