Kinders verveeld? Hou hulle gelukkig en besig by hierdie Kaapstad-bestemmings

Baie van ons het verlede jaar ‘n klomp lesse geleer het, maar dit beteken nie dat 2025 dieselfde hoef te wees nie. Interessante verskynsels soos Oxford se woord-van-die-jaar, “breinverrotting,” het ons geleer oor die agteruitgang van gesonde breinaktiwiteite as gevolg van die oormatige verbruik van onuitdagende digitale inhoud – iets wat ons baie by vandag se jonger generasies sien. Vir ouers, kan die oplossing iets eenvoudig wees, soos om kinders uit die huis uit te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gelukkig bied Kaapstad en sy omliggende areas baie maniere om vir jong breine besig en aktief te hou. Met die klomp openbare vakansiedae en skoolvakansies wat voorlê word dit noodsaaklik om kreatiewe maniere te vind om kinders gelukkig en besig te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is vier aktiwiteite om broodnodige pret en avontuur in ‘n nuwe en opwindende jaar te geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Spring, swaai en speel put-put by Playrock Adventure Park


Playrock Adventure Park in Paarl is ‘n paradys vir aktiewe kinders. Met trampoliene, mini-gholf, ‘n buitelugsokkerveld en meer, beloof hierdie park vir ure se pret. Ouers kan by die gesinsvriendelike restaurant ontspan terwyl die kinders die binnenshuise en buitelug-speelareas verken.

Handelsure: Dinsdag–Vrydag, 12:00–18:00; Saterdag–Sondag, 09:00–18:00.
Koste: R40+ per kind; ouers gaan gratis in.
Bespreking: Aanbeveel vir naweke en groepsbesoeke.

Raak aktief by Spice Route Destination met Paarl Adventure Trails


Of jy nou wil stap of fietsry in ‘n pragtige, veilige omgewing, Paarl Adventure Trails by die Spice Route Destination bied iets vir elke gesinslid. Roetes wissel van ‘n maklike 5 km vir klein beentjies tot meer uitdagende 35 km-roetes vir die avontuurlustiges. As jy nie ‘n fiets besit nie, kan jy eenvoudig ‘n bergfiets huur. Die “pump track” is gratis en sorg vir hope pret vir die kinders.

Nadat jy ‘n eetlus opgebou het, kan jy die gesin met houtvuur-pizzas en verversings by La Grapperia Pizzeria & Bistro bederf. Dié restaurant is net ‘n kort entjie van die roete af.

Spice Route Destination kantoorure (vir SnapScan-betalings): Maandag–Sondag van 08:00–17:00.
Paarl Trails fooie: Dagkaartjies en jaarlikse permitte beskikbaar.
Paarl Trails besprekings: Nie verpligtend nie, maar aanbeveel.

Ontketen binnenshuise energie by Freedom Adventure Park


Vir ‘n adrenalienbelaaide dag, besoek Freedom Adventure Park se Canal Walk en Tokai-bestemmings. Hierdie binnenshuise speelpark bied vermaak aan kinders (en volwassenes!) van alle ouderdomme, met klimareas, trampoliene, en ‘n restaurant waar jy kan herlaai.

Handelsure: Maandag–Sondag, 09:00–21:00.
Koste: R150 per uur (kinders); R85 vir kleuters; R400 vir dagtoegang.
Bespreking: Besoekers is enige tyd welkom, maar voorafbespreking word vir spitsdae aanbeveel.

Geniet ‘n gesinsvriendelike staproete by Nuweland-woud


As jou kinders vars lug nodig het, bied Nuweland-woud ‘n sagte bekendstelling tot staproetes. Met roetes wat vir beginners gepas is, skaduryke piekniekplekke, en selfs ‘n waterval om te ontdek, is hierdie juweel in die Tafelberg Nasionale Park ‘n perfekte plek vir gesinne. Geniet ‘n braai by een van die aangewese areas of ervaar eenvoudig die rustigheid van die woud.

Ligging: Net langs die M3-hoofweg, Nuweland, Kaapstad.
Toegangsgeld: R42 per volwassene; R21 per kind (Suid-Afrikaanse burgers met ID).
Bespreking: Geen bespreking nodig nie—pak net jou piekniekmandjie en gaan!

Lees ook: Makliker met moeilike tieners: 20 wenke vir beter verhoudings

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

12 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

12 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

13 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

15 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

16 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

19 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.