Wat kan jy doen?
• Vra elke keer as julle by die dokter kom wat jou kind se bloeddruk is sodat julle betyds ingryp.
• Kry hom aan die beweeg sodat sy gewig so laag moontlik bly.
• Die beste strategie is gesonde maar lekker kos: Gee jou kind vars vrugte en groente. Los die vrugtesappe en gaskoeldranke en gee liewer ongegeurde vonkel- of gewone water, rooibostee en melk. Los die tjips, koekies en lekkers en gee hom liewer xylitol-kougom, neute, biltong, kaas of ’n vrug.
Lees ook: 33 gesonde kosse sónder suiker vir jou en jou kinders
• Hou sy porsies klein. Sy magie is so groot soos sy vuis.