kategorieë: DekorLeefstyl

5 wenner-wenke vir kinderkamers

5 wenner-wenke vir kinderkamers deur Elandrè Swart. Hooffoto: KatarzynaBialasiewicz/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Muurplakkers is veelsydig, vrolik, en maklik om te gebruik

Muurplakkers is ’n vrolike neiging wat van die babakamer tot ’n tiener se heiligdom ’n interessante en kleurryke voorkoms kan skep. Dis ’n kostedoeltreffende verandering wat boonop nie jou mure sal beskadig nie.

#rrWenk: Wanneer die kinders ouer word en hul smaak verander, haal jy net weer die muurplakkers af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

iStock/KatarzynaBialasiewicz

Lees ook: Baba- en kleuterkamer-dekor vir ’n moderne mamma

2 Hou die dekor eenvoudig

Hoewel ’n bed wat soos ’n resiesmotor lyk, mooi en oulik is wanneer jou seuntjie nog klein is, gaan hy in sy tienerjare nie meer daarvan hou nie … Kies eerder praktiese, tydlose meubels.

#rrWenk: Gelukkig is daar altyd ’n blik verf wat ’n groot verskil aan ’n uitgediende meubelstuk sal maak.

iStock/KatarzynaBialasiewicz

Lees ook: Maak self ’n kopstuk

Die beste kopstuk-inspirasie vir jou slaapkamer

3 Slim houers is ’n moet

Gebruik houers om aan die einde van die dag die organisering van speelgoed vinnig en maklik te maak.

#rrWenk: Verf die houers in ’n neutrale kleur sodat dit steeds gebruik kan word wanneer die kinders ouer word.

iStock/KatarzynaBialasiewicz

Lees ook: Wenke vir ’n klottervrye huis

Leef klottervry – hier is inspirasie

4 Die een ding wat jy moet weet oor gedeelde kamers

Die meeste mense dink ’n gedeelde kamer moet simmetries wees. Dink weer.

Laat die kinders toe om hul individualiteit in sy of haar eie deel van die kamer uit te leef – gee byvoorbeeld vir die kinders opsies wat iets in gemeen het wanneer hulle beddegoed, lampe en prente vir die muur moet kies.

iStock/KatarzynaBialasiewicz

Lees ook: Wenke vir ’n huislike gastekamer

5 Organiseer jou kind se klerekas só

Skep ’n hangplek wat laag genoeg is sodat jou kinders hul eie klere kan kies en bykom.

Plak ook etikette op kleiner boksies in die rakke sodat hulle kan weet waar alles gepak moet word.

iStock/Marilyn Nieves

Lees ook: 16 maniere hoe jy geld op jou klerekas kan spaar

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…

7 mins Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

5 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

5 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

5 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.