5 wenner-wenke vir kinderkamers deur Elandrè Swart. Hooffoto: KatarzynaBialasiewicz/istock images
1 Muurplakkers is veelsydig, vrolik, en maklik om te gebruik
Muurplakkers is ’n vrolike neiging wat van die babakamer tot ’n tiener se heiligdom ’n interessante en kleurryke voorkoms kan skep. Dis ’n kostedoeltreffende verandering wat boonop nie jou mure sal beskadig nie.
#rrWenk: Wanneer die kinders ouer word en hul smaak verander, haal jy net weer die muurplakkers af.
Lees ook: Baba- en kleuterkamer-dekor vir ’n moderne mamma
2 Hou die dekor eenvoudig
Hoewel ’n bed wat soos ’n resiesmotor lyk, mooi en oulik is wanneer jou seuntjie nog klein is, gaan hy in sy tienerjare nie meer daarvan hou nie … Kies eerder praktiese, tydlose meubels.
#rrWenk: Gelukkig is daar altyd ’n blik verf wat ’n groot verskil aan ’n uitgediende meubelstuk sal maak.
Lees ook: Maak self ’n kopstuk
Die beste kopstuk-inspirasie vir jou slaapkamer
3 Slim houers is ’n moet
Gebruik houers om aan die einde van die dag die organisering van speelgoed vinnig en maklik te maak.
#rrWenk: Verf die houers in ’n neutrale kleur sodat dit steeds gebruik kan word wanneer die kinders ouer word.
Lees ook: Wenke vir ’n klottervrye huis
Leef klottervry – hier is inspirasie
4 Die een ding wat jy moet weet oor gedeelde kamers
Die meeste mense dink ’n gedeelde kamer moet simmetries wees. Dink weer.
Laat die kinders toe om hul individualiteit in sy of haar eie deel van die kamer uit te leef – gee byvoorbeeld vir die kinders opsies wat iets in gemeen het wanneer hulle beddegoed, lampe en prente vir die muur moet kies.
Lees ook: Wenke vir ’n huislike gastekamer
5 Organiseer jou kind se klerekas só
Skep ’n hangplek wat laag genoeg is sodat jou kinders hul eie klere kan kies en bykom.
Plak ook etikette op kleiner boksies in die rakke sodat hulle kan weet waar alles gepak moet word.