Deur Cornel Dunn.
Wat is jou styl?
- As dit romanties is, probeer damask- en blommotiewe met fyn lyne en sagte pastelkleure.
- As dit ontspanne is, kies organiese ontwerpe met blommotiewe.
- Vir ’n kontemporêre voorkoms, oorweeg groot geometriese ontwerpe met hoë glans en metaal-aksente. Veral groot blommotiewe maak ’n groot terugkeer vanjaar.
- As jy ’n tradisionele voorkoms verkies, kyk na damask en strepe.
Beplan
- Klassieke strepe wat al vier mure bedek, skep ’n kontemporêre gevoel. Selfs groot en eenvoudige ontwerpe sal nie die vertrek oorweldig nie.
- Bedek een muur. Kies ’n dramatiese, sterk patroon om ’n spesifieke area van die vertrek te beklemtoon, byvoorbeeld agter ’n bank of ’n bed.
- Maak gebruik van ’n stoelreëling Aan die onderkant van die reëling kan jy ’n sterk ontwerp gebruik en bo die reëling die prominente kleur met verf of kontrasterende muurpapier afrond.
Plak
- As jy vir die eerste keer plak, vermy klein patrone.
- Muurpapier met tekstuur is ideaal om klein foute te verbloem. Die ontwerpe op hierdie plakpapier is eenvoudiger as op ander muurpapier.
- Bepaal hoeveel papier jy benodig deur die vierkante meter te bepaal. Rolle is bedrieglik.
- Koop altyd ’n ekstra rol om seker te maak die kleur is eenvormig.