• Eetgerei is nie iets wat gereeld aangeskaf word nie, so kies versigtig. Jy kan kies van bekostigbare, praktiese ontwerpe tot luukse silwer wat erfstukke sal word.
• Die ontwerp wat jy kies sal grootliks afhang van jou begroting, smaak en onthaal-styl.
• Vlekvrye staal is ’n gewilde keuse. Dit is maklik om te onderhou en geskik vir informele sowel as formele geleenthede. Hierdie afwerking kom ook in verskillende kwaliteite.
• Indien jy besluit om in sterling silver te belê, is dit dikwels peperduur. Hoe meer gereeld dit gebruik word, hoe minder sal dit aanslaan. Was dit met seepwater en poets dit elke drie maande.
Kwaliteit
• Maak seker dat die spasie tussen die vurk se tandjies nie grof is nie.
• Goeie eetgerei behoort nie te lig te wees nie. Weeg dit in jou hand.
• Maak seker dat ’n stel al die stukke insluit wat jy benodig. Meer bekostigbare stelle sluit dikwels nie soplepels in nie.
• Indien jy individuele stukke koop, begin met 6 tot 10 eenhede van jou basiese stukke. Messe, vurke, poedinglepels en teelepels is gewoonlik standaard. Jy kan altyd later die stel met soplepels en biefstuk-messe aanvul.
Verskaffers
@Home: 0860 576 576
Banks Kitchen Boutique: 021 461 3190
Fine and fabulous: 021 5140 0877
Yuppiechef: 021 702 4969