kategorieë: Leef gesondGesondheid

Kies die regte sonbrandroom vir jou kinders

• Nuwe of ou formules?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar is nou twee standaarde vir sonskerms. Albei dra die Kansa-seël. Altwee is dus goed maar die nuwe een is geformuleer om stabiel in hitte te bly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• UVA of UVB?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die beste sonrome beskerm teen albei.

• Watter SBF?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jou kinders blond is, gebruik ’n sonbeskermingsfaktor (SBF) van 50 of meer; as hulle blas is, kan jy met ’n SBF 30 wegkom.

• Wat is die beste?

Jy kan kies tussen olies, rome, sonblokke, aanspuitskerms en selfverbruiners. As jy by produkte met die Kansa-seël bly, is jy veilig. Wenk Sommige handelsmerke adverteer asof al hul produkte sonveilig is maar as die seëlmerk nie óp die houer aangebring is nie, gaan die inhoud van die houer niks vir jou doen nie. Oppas vir houers met ’n plakker met die Kansaseël – dis dalk later onregmatig aangebring.

• Hoe lank kan kinders in die son bly?

Hoe ligter hul velskakering is, hoe korter, al het hulle ’n sonskerm met ’n SBF50 aan. Die SBF help, maar is nie ’n waarborg nie. So het ’n pikswart vel ’n natuurlike SBF van net 13 maar brand glad nie. Navorsers vermoed dat die swart vel ’n hele stelsel van ingeboude afkoel- en ander beskermingsprosesse gebruik waarvan ons nog min weet. Ligter velle het nie hierdie beskermingsmeganismes nie en brand waarskynlik nie net met UVA en UVB nie maar ook met infrarooi lig.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

7 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

1 week Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

1 week Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

1 week Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

1 week Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.