kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Kies die regte snoeiskêr

Deur Cornel Dunn

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoekom ’n snoeiskêr?

Hierdie skêre word gebruik om takke van ongeveer 2 cm in deursnee te sny. Moenie jou gewone tuinskêr gebruik om dikker takke te sny nie: Jy sal die lemme beskadig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe verskil snoeiskêre van mekaar?

Daar is twee basiese soorte skêre in verskillende make en groottes beskikbaar – sien die foto-galery hieronder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die eerste skêr werk soos ’n gewone skêr met ’n geronde vorm. Die boonste lem is skerp en sny deur die tak terwyl die onderste lem soos ’n haak werk wat die tak vashou om te verhoed dat dit gly.

’n Aambeeldskêr het ’n skerp boonste lem en ’n plat onderste lem. Hierdie skêr werk soos ’n mes op ’n snybord.

Lees ook: Begin jou eie organiese groentetuin

Hoe kies ’n mens ’n snoeiskêr?

Meeste tuiniers verkies die gewone tuinskêr. Die aambeeldskêr is geneig om die takke te kneus terwyl die tradisionele skêr ’n skoon snit teweegbring. Die gewone tuinskêr kom ook maklik klein hoekies by en kan tot teen die stam sny. Hierdie skêre is ook geskik vir blomme en sagte plantmateriaal.

Die aambeeldskêr, aan die ander kant, werk beter vir harde en dooie takke.

Kies kwaliteit

Snoeiskêre is nie goedkoop nie, maar met goeie versorging sal hulle jare hou. Kies dus een van ’n hoë kwaliteit.

Hou die skêr in jou hand voordat jy dit koop. Dit moet gemaklik pas. Daar is skêre vir kleiner hande en selfs linkshandiges beskikbaar.

Maak seker dat die skêr uitmekaargehaal kan word om gereeld skoon te maak. Verseker ook dat dit ’n slot aanhet wat die lemme toe hou as dit nie gebruik word nie. Dit sal die lemme beskerm.

Wanneer om  te snoei

Juliemaand is die algemene tyd wat die snoeiskêre uitgehaal word – veral vir vrugtebome, rose en struike. Ligte snoeiwerk en verwydering van dooie takke kan enige tyd van die jaar gedoen word.

Winter

Om te snoei terwyl die plante dormant is, is ideaal. Dit veroorsaak dat die plante en bome in die lente met nuwe blare en blomme spog. Wag tot die skelste deel van die winter verby is.

Lees ook: Berei jou tuin voor vir reën

Somer

Snoei slegs wanneer jy aan die struik wil vorm gee of ou dooie takke wil verwyder. Bome wat in die lente blom moet ook in die somer gesnoei word sodra die blomme verdor. Plante wat egter in die somer blom moet steeds in die winter gesnoei word.

Lees ook: Sproeiers vir jou tuin

Herfs

Omdat verrottingsfungus tydens hierdie seisoen floreer, is dit ’n goeie tyd om die snoeiskêr te bêre.

Lees ook: Tuinhandskoene

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Nare bedmaats: Raad vir stofmyte

Nare bedmaats: Raad vir stofmyte deur Anet Schoeman. Hooffoto: iStock/fongleon356   As jy volgende keer tussen…

2 hours Gelede

Sensitiwiteit: ’n Gawe of ’n vloek?

Sensitiwiteit is nie ’n swakheid of iets wat reggemaak moet word nie. Dis iets wat…

4 hours Gelede

Bob Martin se virtuele portaal vir troeteldierversorging

Soms is dit moeilik om die ouer van ’n troeteldier te wees, veral wanneer dit…

4 hours Gelede

Wat soek ‘Kokkedoor: Son & See’ se beoordelaars? Sjef Yolani Abrahams vertel

Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…

7 hours Gelede

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

8 hours Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.