kategorieë: DekorLeefstyl

Kies die regte mat vir jou huis

Kies die regte mat vir jou huis deur Cornel Dunn. Hooffoto Pixabay.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar dinge wat jy in gedagte moet hou voordat jy in ’n mat belê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Dink aan die vertrek

Verskillende matte pas by verskillende vertrekke. Voorportale en kombuise het baie meer voete as die slaapkamer of woonkamer. Dit is wys om ’n sterk mat vir hierdie vertrekke te kies. ’n Donkerder mat met of sonder patrone sal voetspore goed verbloem.

Foto: iStock

Lees ook: 5 dekorflaters om te vermy

2. Grootte maak saak

Meet, meet en meet weer. Vermy ’n klein matjie in ’n groot vertrek. Kies ’n mat wat jou meubels saamtrek. Dit beteken onder meer dat die kante van die mat onder die meubels moet inpas.

Kies die regte mat vir jou huis. Foto: iStock

Lees ook: Immergroen mid-century

3. Neem verskillende materiale in ag

Akrielmatte

Akrielmatte is sterk, maklik om skoon te hou en goedkoper as wolmatte – met die bykomende voordeel dat dit minder van sy vesels verloor.

Akrielmat (R2 750) Takealot

Lees ook: Hoe om ’n slimtelevisie te kies

Polipropileen

Die sintetiese vesels is sterk en maklik om skoon te hou. Dit is goed vir vertrekke met baie verkeer. Hierdie matte is beskikbaar in dié met kort vesels sowel as langhaarmatte.

Polipropileen-mat (R1 499) Superbalist

Lees ook: Maak die meeste van jou klein leefspasie

Viskose

Hierdie vesel is minder duursaam. Dit word gewoonlik met wol gemeng maar is nie geskik vir vertrekke met baie verkeer nie.

Viskose mat (R6 950) Esque

Lees ook: 10 dinge wat jy moet weet voordat jy ’n tuiskantoor skep

Katoen

Dit word gewoonlik plat geweef. Hierdie vesel is minder duursaam as sisal en jute, maar maak op met sy sagtheid staat.

Katoenmat (R1 499) Superbalist

Lees ook: 5 mooi ligte wat jy self kan maak

Wol

Dit is besonder gemaklik en duursaam. Wolmatte maak maklik skoon en is die geskikste opsie naby ‘n vuurherd.

Wolmat (R899) Takealot

Lees ook: Kies die regte kaggel vir jou huis

Jute

Die natuurlike vesel is duursaam en geskik vir baie verkeer. Dit is baie na aan sisal.

Jute-mat (R2 499) Coricraft

Lees ook: Ateljeenessies – hoe om die mooiste plekkie te skep

Sisal

Dit is besonder duursaam – selfs meer as jute. Tog moet spesiale droogskoonmaakmetodes gebruik word om die mat skoon te maak. Dit is nie maats met water nie.

Sisalmat (R5 499) Coricraft

Lees ook: Hoe om die regte hortjies vir jou huis te kies

Verskaffers

Takealot | takealot.com

Coricraft | coricraft.co.za

Superbalist | superbalist.com

Esque |  esque.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

2 hours Gelede

7 mites oor griep

Met die griepseisoen net om die draai (April/Junie tot Augustus/September), is dit belangrik om die…

3 hours Gelede

Staatmaker-viskoekies

Genoeg vir 8 viskoekies   Bestanddele   Viskoekies: 500 g gevriesde stokvis olyfolie om mee…

6 hours Gelede

Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…

9 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

5 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.