Lees
Genoegsame lig is nodig wanneer dit by bedtyd kom. Of jy nou in jou joernaal skryf of net lees, jy behoort die regte bedlampie te hê. As jy regop in jou bed sit, moet die onderkant van die lampskerm ooghoogte wees. Die doel is dat die lig op jou skoot moet skyn en nie in jou oë nie.
Esteties
Al dien jou bedlampie bloot as dekor, is daar reëls wat jy moet volg. Balans is veral baie belangrik. In ’n groot slaapkamer het jy ’n groot leeslamp nodig. Dieselfde reël geld vir ’n kleiner slaapkamer waar jy ’n kleiner lampie sal kies. Kleiner lampies skep ’n knus gevoel aan die vertrek terwyl groot lampe die slaapkamer kan oorweldig.
Hoogte
Die hoogte van die lamp is nie so belangrik as waar die lig skyn nie. As jou bedkassie 56 cm – 60 cm hoog is, kies ’n lamp van 60 cm – 70 cm. Met ’n laer kassie van ongeveer 45 cm – 50 cm sal jy ’n hoër lamp kies.
Voorkoms
Die metaal-voorkoms is op die oomblik baie gewild vir bedlampies sowel as lessenaarlampe. Veral roosgoud is steeds hoogmode. Materiaal-lampkappe se dae is getel en gaar boonop net stof op.
Hier is ’n paar idees
Verskaffers
Woolworths: 0860 022 002
Monoshop: www.monoshop.co.za
Zebbies: www.zebbies.com
@Home: 0860 576 576
Weylandts: 0860 103 400