Kies die regte kleuterskool vir jou kind

Deur Cornel Dunn. Hooffoto: Pexels.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons het met Storm Muller, hoof van die Jelly Babies-kleuterskool in Somerset-Wes, gesels om uit te vind aan watter vereistes kleuterskole moet voldoen, en hoe een só ’n kleuterskool lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Aan watter wettige kwalifikasies moet ’n kleuterskool voldoen?

Die skool moet oor die toepaslike munisipale sakeregte beskik.

Ook moet die skool geregistreer wees by die Departement van Sosiale Ontwikkeling, die Departement van Gesondheid en die brandweer.

Watter kwalifikasies word van toesighouers vereis?

Jelly Babies se onderwysers het NQF 4, 5 en 6 kwalifikasies in vroeë kinderontwikkeling.

Die hoof moet oor minstens ’n vlak 5 kwalifikasie beskik.

Interne opleiding vind ook plaas.

Elke werknemer moet oor ’n polisie-vrywaringssertifikaat beskik wat verklaar dat hulle nie op die lys van seksuele oortreders geregistreer is nie.

Hoe werk die gradering van die skool?

Die Departement van Gesondheid besoek die skool een keer per kwartaal om seker te maak dat alles op standaard is.

Wat van sekuriteit?

Toegangskontrole word beheer deur die onderwysers en die ouers wat oor die kode beskik by Jelly Babies. Daar is ook CCTV-kameras.

’n Kontrak word aangegaan tussen die skool en die ouers om te bevestig wie toegang tot die kinders het. Indien iemand sou opdaag om ’n kind op te laai sonder vroegtydige bevestiging, word die ouers summier gekontak.

Daar is ook ’n register wat deur almal wat die perseel betree, ingevul moet word.

Ouers

Die skool het ’n oop-deur-beleid ten opsigte van die ouers. Hulle is altyd welkom om net in te loer as hulle iets op die hart het. Ouers kan sonder afspraak kom kyk of die skool binne hulle verwagtinge vir die kind optree. Hierdie soort ontwrigting is nie altyd vir die onderwysers maklik nie, maar dit is belangrik dat die ouers gerus moet wees. Ouers kan ook vir foto’s vra deur die loop van die dag.

Veiligheid en onderrig

Jelly Babies is omhein en die kinders het geen toegang na buite nie.

Die speelareas en die klaskamers is kindervriendelik.

Die kurrikulum word aangepas vir elke jaargroep sodat hulle binne hul gemaksone kan groei. Hier word ’n holistiese benadering gevolg wat die kind se hele liggaam ontwikkel – fisies, emosioneel en geestelik. Kinders word gemotiveer om innoverend te dink en vrae te vra.

Raad vir ouers wat na kleuterskole kyk

Volgens Storm is daar nie iets soos die perfekte skool nie. Sy moedig ouers aan om die volgende riglyne te volg:

  • Vra rond by kollegas, vriende en ander ouers oor goeie skole in jou omgewing.
  • Kyk na die personeel. Is hulle vriendelik en behulpsaam?
  • Kyk na die kos. Hoe is die algemene higiëne?
  • Kyk na die badkamers.
  • Let op na die kurrikulum wat die skool volg. Voldoen dit aan jou kind se vereistes?
  • Word daar klasse aangebied wat die ouers kan bywoon?
  • Speel die kinders buite, of sit hulle net heeldag binnemuurs?

As jy nie met die intrapslag ’n regmerkie by al hierdie vrae kan merk nie, is die skool definitief nie vir jou nie! Hou aan soek.

Kontakbesonderhede: www.jellybabies.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

14 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

15 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

19 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

19 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.