Die buurt, met ’n hart van kuns en ’n amper-volledige verhuurde StudioMAS-gebou, bekend as Trumpet, is die ideale plek vir hierdie lekker aande. Die galerye, restaurante, hoê-konsep handelaars en meer, sal aangevul word deur mobiele kostrokkies, opskietwinkels en regstreekse musiek, om te sorg vir ’n lekker aandjie uit.
First Thursday se klem op die visuele kunste en ontwerp is die rede waarom Keyes Art Mile se drie kern galerye (SMAC, What If The World en Southern Guild) hul deure tot laataand oophou om ’n verskeidenheid wêreldklas kunstenaars en ontwerpers se werk te vertoon.
Trumpet se handelaars – Anatomy Design, Missibaba, Okapi, Kartell, Moroso, Cassina, FLOS Lighting en Shelflife – is ook oop, wat Keyes Art Mile-besoekers die geleentheid bied om laataand inkopies te doen.
Kosliefhebbers kry die kans kry om te proe aan kosse van Milk Bar en BGR’s se “best burgers in town”, tot die bekroonde sjef David Higgs se konsep-slaghuis, asook Marble, Higgs se 200-sitplek restaurant.
Drie kostrokkies – Balkan Burger, Amexiano en Vuyos is ook beskikbaar. Die roomys-fiets Two Scoops bied roomys in interessante geure soos Prosecco en Gin & Tonic aan. ’n Absolute Vodka-toonbank is verder ook binne maklike bereik. Die Swazi Cartel sal ook twee stelle van Trumpet Atrium se trap af musiek maak.
Besonderhede
Adres: 19 Keyes Avenue, Rosebank, Johannesburg
Tyd: 18:00 tot laat
Facebook: Keyes Art Mile
Instagram: @keyesartmile
Twitter: @keyesartmile