kategorieë: KalenderOntspanning

Kersvader besoek Middelvlei

Die Middelvlei-wynlandgoed, net buite Stellenbosch se “Kersliedjies met Sonsondergang” op Sondag 12 Desember is jou kans om die Kersgees te vang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kom span uit met ‘n glasie of twee van Middelvlei se wyne terwyl die kleingoed die plaasdiere leer ken, op die ruim grasperk baljaar of aan een van die prettige speletjies deelneem. As die weer saamspeel, sal ’n asemrowende sonsondergang ’n bonus wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maar wat is ’n Kersfees sonder ’n Kersvader? Kersvader sal spesiaal sy verskyning (per trekker) maak om geskenke aan die kleingoed uit te deel, en die aand sal met die sing van Kersliedjies afgesluit word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Niemand sal honger huiswaarts keer nie, want die aand se koste van R400 per paartjie sluit ’n boerebraai- geïnspireerde tapasbord in. Soetmieliepoffertjies met ’n soetrissiesous, mini-braaibroodjies, hoendersosaties en boereworssosaties is onder meer op die spyskaart. Nagereg is opsioneel ekstra. Daar word ook vir die kleingoed voorsiening gemaak met ’n peuselboks wat boerewors, aartappelskyfies, ’n sap en lekkergoed teen R90 per kind insluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Voorafbespreking vir hierdie spesiale geleentheid is noodsaaklik en kan gedoen word via e-pos by info@middelvlei.co.za.

Deur Maryke Roberts

Deel
Gepubliseer deur
rooi rose span

Onlangse plasings

Koopgids: Ietsie spesiaals vir Ma

Shower to Shower Fresh Glow Shower Crème Die nuwe Shower to Shower Fresh Glow Shower…

56 mins Gelede

Bruintjies in ’n eiertjie

Genoeg vir 12 eiertjies of 6 bruintjies as jy dit in ’n muffinpannetjie bak

19 hours Gelede

Ontmoet die akteurs van ‘Niggies’ se 1980’s-era

Episode 4 van Niggies begin in 1966 en wys, onder meer, hoe André (Janru Steenkamp)…

21 hours Gelede

La Maison Pommery keer terug na Suid-Afrika

Woorde: Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf     Die handelsmerk was vir etlike…

23 hours Gelede

Voel jou tiener eensaam?

Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?

4 days Gelede

Spaanse chorizo-pasta

Genoeg vir 6.   Bestanddele   15 ml (1 e) olyfolie 100 g repiesspek, in…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.