kategorieë: ReisOntspanning

Kerstyd in Londen: 5 onverbeterlike wenke

Deur Lisa Aspeling, versorg deur Mariette Snyman. Foto’s Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Jou visum

Al gaan jy net vir ’n paar weke soontoe, bied die Verenigde Koninkryk ’n standaard ses maande-toerismevisum aan vakansiegangers. Jy moet ’n beduidende aantal dokumente verskaf: sorg dus dat jy minstens ’n maand voor jou vertrek aansoek doen. Dit laat genoeg tyd vir die prosessering van die visa en enige onvoorsiene oepsies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wenk

Move Up (www.moveup.co.za) kan help om jou aansoekproses glad te laat verloop. Hulle hanteer alle soorte VK-visumtipes en belowe selfs ’n geld terug-waarborg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Jou vlug

Jy is dalk verplig om toeristeklas te vlieg, maar jy kan nog verder op jou vlugte spaar. Desember en Januarie word as hoogseisoen beskou, en die groot aanvraag na vliegkaartjies beteken hulle is gewoonlik duurder. Die goue reël vir vlugbesprekings is: hoe vroeër jy jou kaartjie koop, hoe goedkoper sal dit wees.

Wenk

www.kayak.com en www.rometorio.com is twee van ons gunsteling-laekoste internasionale vlugwebwerwe. (En Kersdag en Oukersaand is gewoonlik die goedkoopste hoogseisoendae om te vlieg.)

3. Jou verblyf

Wie sê jy moet deur jou nek vir oorsese akkommodasie betaal? Onthou jy die romantiese Kersfliek, The Holiday, met Kate Winslet en Cameron Diaz? As jy ’n huiseienaar is, of as die persoon by wie jy huur  nie omgee dat jy onderverhuur nie, kan jy hierdie Kerstyd ’n house swap oorweeg. Sluit aan, betaal die registrasiefooi, skep ’n profiel, kyk na die moontlikhede en kontak die eienaars. As jy nie ’n opsie vind wat kan werk nie, kan jy krediete aan ’n eensydige reëling wy. Gaan gerus na www.lovehomeswap.com vir opwindende opsies!

Wenk

Jy kan jou ook as ’n huis- of troeteldieroppasser beskikbaar stel en gratis oorsee gaan bly. Hiervoor moet jy ook by jou gekose webwerf registreer, die registrasiefooi betaal en ’n goeie passing vind.

4. Jou vervoer

Afgesien van vlugkoste en akkommodasie, kan daaglikse vervoerkoste ’n aansienlike duik in jou begroting maak. As jy ’n volle dag aan die besienswaardighede buite Londen wil bestee, kan jy ’n motor huur, maar in Londen self is die gewilde Oyster Card jou beste roep. Die Oyster Card stel jou in staat om die moltrein, bogrondse treine of stadsbusse te gebruik sonder om kontant saam te dra. Koop net jou Oyster Card, laai geld op by die naaste treinstasie, en tik dit op die aangewese plek wanneer jy deur die draaihek beweeg of op die bus klim.

Wenk

Ons kan nie besluit watter een nuttiger is nie: die Citymapper app wat Londen se reisroetes, metodes en pryse vergelyk, of die Rick Steves’ Audio Europe app vir topklas begeleide staptoere in Londen.

Lees ook: Apps wat enige vrou se lewe makliker kan maak

3 Tuinmaak-apps om jou te help

5.  Jou vermaak

As die oudste kultuursentrum in die Engelssprekende wêreld bied Londen ’n reuseverskeidenheid vermaak, toere en museums. Hier vind jy alles – van ongewone restaurante en verstommende kunsuitstallings tot van die heel beste teaterproduksies. Maak seker dat jy minstens een van die volgende hoogaangeskrewe produksies onder oë kry: Wicked, The Play That Goes Wrong, The Lion King of Mathilda. Toegangskaartjies skop af met ongeveer £25 (R500). Bespreek vroeg om seker te maak jy kry jou sitplek.

Wenk

As jy weeksdae om 13h00 by Trafalgar Square is, kan jy ’n wêreldklas klassieke musiekkonsert by St Martin in the Fields bywoon. Daar is geen toegangsgeld nie, maar hulle aanvaar donasies ten bate van die instandhouding van hul pragtige, ou kerk. Kry die konsertskedule op hul webblad.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.