kategorieë: KalenderOntspanning

Kersmarkte 2016

Johannesburg

The Linden Market in the Park

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Waar: Botaniese Tuine in Johannesburg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wanneer: 3 Desember

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tydens die eerste week van Desember sal The Linden Market terugkeer vir sy tweede Kersseisoen, en hierdie keer is daar, as gevolg van die oorweldigende terugvoer, besluit om dit in die stad se enorme groen grasperke van die Botaniese Tuine te hou. Die fokus is op plaaslike, handgemaakte en stylvolle produkte, terwyl daar ook antieke items en kreatiewe ontwerp uitgestal word.

In plaas van die gewone, onaangename besoek van raserige winkelsentrums, kan gaste in die tuine ontspan, musiek, wyn en kos geniet en rustig hul Kersaankope maak. Jy kan ook aanlyn deel wees van die pret, en jou foto’s van die geleentheid deel met die hutsmerk #MarketinthePark.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Besoek die Facebookblad hier

Gratitude in Keyes Art Mile

Waar: Keyes Avenue, Rosebank

Wanneer: Dinsdag 29 November

Binnekort maak daar ’n splinternuwe pop-up winkel oop op die Keyes Art Mile straat. Dié geskenkwinkel, onder die naam Gratitude, spog met uitgesoekte kase en vars brode, olywe, ingelegde vrugte en vleise gekry word, terwyl daar ook handgemaakte linne, tafeldoeke en servette verkoop word. Verdere Kersgeskenke sluit in ’n eksklusiewe keramiekversameling soos borde, vase en ander houers. Hierdie winkel sal slegs vir die Kersseisoen oop wees.

Besoek die Facebookblad hier

Durban

The Stables Lifestyle Market

Waar: 9 Jacko Jackson Road, Morningside

Wannneer: Woensdae en Vrydae

Dié plaaslike mark vind plaas by ou perdestalle en behou ook die atmosfeer wat saam met die opstel kom. Die mark se paadjies word ook vernoem na bekende resiesperde, en besoekers kan ’n groot verskeidenheid produkte vir hul Kersaankope versamel. Tuisdekor, antieke items, grimering, skilderye, borduurwerk, boeke, en speelgoed kan by die stalletjies gevind word.

Besoek die Facebookblad hier

The Morning Trade

Waar: The Plant – 5 Station Drive, Station Drive Precinct

Wanneer: Elke Sondag

Plaaslike verskaffers is die dryfkrag agter hierdie mark, waar daar goeie, heilsame kosse en kombuisprodukte verkoop word. Jy kan dus elke Sondag seker maak dat jou maaltye voor, tydens en sommer ook na Kersfees altyd uit die boonste gestoeltes is, en dat jou tafel net glimlagte sal wys. Top kwaliteit vleise, vars plaasprodukte, heerlike spesialiteite en gemeenskaps-bewuste kosse sal beskikbaar wees, terwyl jy ook gerus vriende in die rustige atmosfeer kan ontmoet en kuier rondom smullekker kos en drankies.

Besoek die Facebookblad hier

Kaapstad

Made in the Cape Festive Fair

Waar: Cavendish Square, Claremont,

Wanneer: 6-18 December 2016

Dit is ’n produk van die Made in the Cape-markte, maar hierdie sal die grootste geleentheid nog wees. Dit is ook veel langer as die gewone mark, terwyl daar ook elke 3-4 dae nuwe uitstallings plaasvind. Daar sal dus elke paar dae splinternuwe produkte en items beskikbaar wees. Dit sluit in juwele, handgemaakte geskenke, tuisdekor en natuurlik Kersfees-rangskikkings. Daar sal iets wees vir elke familielid.

Besoek die Facebookblad hier

Fab Ideas Christmas Gift Fair

Waar: Kommetjie Gemeenskap Saal, Teubes Road

Wanneer: 15-18 Desember 2016
Donderdag: 9am-5nm; Vrydag-Sondag: 9am-7pm

Die Kommetjie Gemeenskapsaal sal middel Desember tuis wees vir ’n Kersfees Wonderland, met unieke, vars produkte en items wat teen billike pryse verkoop word. Goedere sluit in dekor, juwele, klere en handwerke, terwyl daar ook ’n deli sal wees waar daar heerlike gebak en vars kombuisprodukte gekoop kan word.

Besoek die Facebookblad hier

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Smullekker halloumi-en-groente-burger

Plantgebaseerde kosse is nou groot nuus. Dis goed vir jou om meer veselryke groente te…

3 hours Gelede

Maryna Calow: Suid-Afrikaanse wyn se grootste ambassadeur

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Kyra Welch.     Maryna Calow is sedert 2016 Wines of…

6 hours Gelede

Begrotingsrede: ‘n Kenner gee insig

’n Welvaartkenner  Jurgen Eckmann van Consult by Momentum sê wat verbruikers moet weet ná gister…

9 hours Gelede

Zandvliet vier 50ste oes

Deur Clifford Roberts. Foto’s: Clifford Roberts      Zandvliet Wynlandgoed in die Breederiviervallei het rede…

1 day Gelede

Marmelade-en-klapper-koekies

Maak 16 snytjies   Bestanddele   Onderlaag 250 ml (1 k) sagte botter 140 ml…

1 day Gelede

MSI: Meer as net speletjies – ontmoet die Modern 14 F-reeks

Krag, styl en draagbaarheid vir die moderne beroepsman of -vrou   MSI is al jare…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.