kategorieë: Kalender

Kersfees in Julie by Smutshuis

Daar is hope vermaak vir ouers en kinders insluitend mistieke avonture vir kinders, en spookhuistoere vir volwassenes. Daar sal ook ’n vertoning deur die McLaren-sirkus wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit alles vind plaas in die rustige omgewing van Irene op die atmosferiese huismuseum se gronde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar sal ’n veilige speelplek vir kinders wees en groter kinders kan deelneem aan “Pokemon Go”. Daar is ’n “Hunt ” en baie “Pokestops” op die terrein met kunsaas om Pokemon (waarvan sommige baie skaars is) aan te lok.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die man met 100 stemme, die bekende buikspreker-cum-towenaar en komediant, Gareth Lush, sal elke uur vermaak aanbied.

Die skepper van die bekende Mystery Ghost Bus-toere van Suid-Afrika, Mark Rose-Christie, bied spook-toere elke halfuur binne Smutshuis self aan. Dit is na bewering een van die bekendste spookhuise in die land en die donkerkamer, “Fright Night”, se grillerige atmosfeer sal jou koue rillings gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy kan deur verskeie kunsstalletjies dwaal. Bring jou piekniekkombers saam en kuier onder die bome terwyl die kinders op Kersvader wag.

Die sanger Pieter Strydom sal optree terwyl gaste die potjie-buffet en ontwerpersbier asook geregte by verskeie kosstalletjies geniet. Kinders kan geregte van Ouma’s Restaurant & Pub se Pokémon-spyskaart bestel.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

15 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.