Kersfees-hampastei

Kersfees-hampastei deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deeg

  • 500 g (4¾ k) koekmeel
  • 120 g (½ k) botter
  • 100 g roomkaas
  • 45 ml (3 e) water

Vulsel

  • 600 g gerookte varkskenkel (eisbein)
  • 8 eiers
  • 20 g  (25 ml) botter
  • 3 preie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, geskil en gekap
  • hand vol tiemie, blaartjies van die takkies gestroop
  • 200 g mange tout, ruweg gekap
  • 150 g (1 k) ertjies
  • hand vol grasuie, gekap
  • 150 ml suurroom
  • 15 ml (1 e) Dijon-mosterd
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 15 ml (1 e) room

Eierwas

  • 1 eier liggies geklop met ’n knypie sout

Metode

  1. Sit die eisbein in ’n groot kastrol. Bedek met water en laat prut vir 2 uur tot die vleis van die been afval. Gooi nog water by indien dit te droog kook. Lig met ’n gaatjieslepel uit die kastrol en trek die vleis van die been af. Hou eenkant.
  2. Maak intussen die deeg: Gooi die meel en botter saam in die bak van ’n voedselverwerker en verwerk tot dit net begin by-mekaarkom. Voeg die roomkaas en water by en verwerk tot alles goed bymekaarkom en ’n werkbare deeg vorm. Vorm die deeg in ’n sirkel en draai in kleefplastiek toe. Laat rus vir ’n  uur in die ysk
  3. Kook ses eiers vir 6 min. in borrelende soutwater en sit dan dadelik in yswater. Dop af en hou eenkant. (Die twee ongekookte eiers word later gebruik.)
  4. Verhit die botter en ’n bietjie olie in ’n middelslagpan. Braai die preie, knoffel en tiemie vir sowat 2-3 min. daarin. Geur na smaak met sout en peper. Maak dit toe met ’n vel bakpapier en ’n deksel sodat die preie sag kan kook maar nie verbruin nie. Kook vir 20 min.
  5. Voeg by die mange tout by en kook vir nog 5 min. Voeg by die ertjies, grasuie en ham by en roer goed deur. Trek van die hitte af en laat afkoel.
  6. Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit ’n 20 cm-losboomkoekpan goed met kleefwerende kossproei.
  7. Meng die suurroom, mosterd, suurlemoenskil, room en die twee ongekookte eiers saam in ’n maatbeker, geur met sout en peper.
  8. Verdeel die deeg in twee dele. Rol sowat 5 mm dik uit op ’n skoon werksvlak wat liggies met meel bestuif is. Voer die koekpan daarmee uit.
  9. Skep die helfte van die ham-en-ertjie-mengsel in die pan. Pak die 6 gekookte eiers in ’n kring in die vulsel en druk dit effens in. Gooi die helfte van die roommengsel oor, gevolg deur die oorblywende hamvulsel. Gooi die res van die roommengsel oor die vleis.
  10. Rol die res van die deeg uit tot 5 mm dik en sny ’n 25 cm-sirkel daaruit.
  11. Bedek die hamvulsel met die 25 cm-deegsirkel. Knyp die twee lae deeg met jou vingerpunte aan mekaar vas. Sny met ’n skerp messie ligte kepies in die deeg. Verf die deeg met die eierwas en bak vir 40-45 min. of tot goudbruin.
  12. Laat effens afkoel en keer uit die pan. Laat heeltemal afkoel voor jy dit vir die piekniek inpak.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 hours Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 hours Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

6 hours Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

7 hours Gelede

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.