Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer ’n bakplaat met silikoon- of bakpapier uit. 1 Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak. 2 Room die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die kondensmelk en vanielje by. 3 Meng die meel by. Bedek die deeg met kleefplastiek en sit vir 30 min. in die yskas. Rol die deeg 4 mm dik uit op ’n meelbestrooide werkvlak. 4 Druk met verskillende Kersfees- koekiedrukkers vorms uit die deeg. Pak 1 cm uit mekaar op die bakplaat. Maak met die agterkant van ’n sosatiestokkie ’n gaatjie boaan elke koekie. 5 Bak vir 10-12 min. tot gaar. Draai die bakplaat ná 6 min. om. Laat effens afkoel op die bakplaat en sit dan op afkoelrakkies. Laat heeltemal afkoel.
Pragtige glaskoekies
1 Maak die Kersboomkoekies tot by stap 4. 2 Druk met ’n 12 cm sterretjie-koekiedrukker sterretjies uit die deeg. Pak hulle 1 cm uit mekaar op silikoonpapier. 3 Druk met ’n 8 cm-sterretjiekoekiedrukker ’n sterretjie uit elk van die groter sterre. (Jy kan die klein sterre weer saam met die res van die deeg uitrol.) 4 Maak met die agterkant van ’n sosatiestokkie ’n gaatjie op ’n punt van elke koekie. 5 Kap 150 g (sowat 20) deurskynende Sparklelekkers (mentgeur) fyn en sit dit versigtig oral in die sterretjieholtes. 6 Bak vir 10-12 min. tot die koekies gaar en die lekkers gesmelt is, maar nie verkleur het nie. Draai die bakplaat ná 6 min. om. Laat effens afkoel op die bakplaat en pak dan op afkoelrakkies. Laat heeltemal afkoel.