8 sosatiestokkies wat in water geweek is (ons het louriertakke gebruik)
Pak die bestanddele in lagies in ’n groot glas- of plastiekbak wat dig sluit.
Begin met van die repies ui. Pak dan van die vleisblokkies en perskestukkies op die uie en strooi van die kerrie, koljander, bruinsuiker en lourierblare bo-oor.
Herhaal die lae deur weer met uie te begin. Gooi die rooiwyn oor en marineer vir 3 uur of oornag. Draai die vleis een keer om.
Ryg die vleis om die beurt met perskestukkies op die sosatiestokkies. Geur na smaak. Braai oor bereide kole tot gaar.