Genoeg vir 8
- 2 uie, dun repies gesny
- 2,5 kg skaapboud, in 2-3 cm blokke gesny
- 350 g droëperskes, middeldeur gesny
- 45 ml (3 e) kerriepoeier
- 15 ml (1 e) heel koljander
- 30 ml (2 e) bruinsuiker
- 4 lourierblare
- 125 ml (½ k) rooiwyn
- sout en gemaalde swartpeper
- 8 sosatiestokkies wat in water geweek is (ons het louriertakke gebruik)
- Pak die bestanddele in lagies in ’n groot glas- of plastiekbak wat dig sluit.
- Begin met van die repies ui. Pak dan van die vleisblokkies en perskestukkies op die uie en strooi van die kerrie, koljander, bruinsuiker en lourierblare bo-oor.
- Herhaal die lae deur weer met uie te begin. Gooi die rooiwyn oor en marineer vir 3 uur of oornag. Draai die vleis een keer om.
- Ryg die vleis om die beurt met perskestukkies op die sosatiestokkies. Geur na smaak. Braai oor bereide kole tot gaar.