kategorieë: KosWinterkos

Kerriehoenderpastei met maklike aartappeldeeg

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • 200 g bruismeel
  • 150 g koue botter
  • 200 g gaar kapokaartappels (mashed potatoes), afgekoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vulsel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 1 heel hoender van sowat 1,4 kg
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 10 ml (2 t) elk komyn en koljander
  • 15 ml (1 e) kerriepoeier
  • ’n knypie kaneel
  • 60 ml (¼ k) olie
  • 15 ml (1 e) botter
  • 1 ui, gekap
  • 10 ml (2 t) elk gekapte knoffel, gemmer en rissie
  • 30 ml (1 e) Thaise rooikerriepasta
  • ½ blik klapperroom
  • 1 x 400 g-blik heel geskilde tamaties
  • 60 ml (¼ k) grondboontjiebotter
  • 60 ml (¼ k) mielieblom (Maizena) aangemaak met 15 ml (1 e) water
  • 1 eier, liggies geklits

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Metode

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Deeg

  1. Sit die meel in ’n groot mengbak.
  2. Vryf die botter met jou vingerpunte in die meel in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.
  3. Meng die aartappel by tot die deeg net bymekaarkom. Verdeel die deeg in 2 en draai elke stuk in kleefplastiek toe.
  4. Sit vir minstens 2 uur in die yskas.

Vulsel

  1. Sit die hoender in ’n oondpan en geur die holte met sout en peper.
  2. Meng die speserye en olie en smeer oral oor die hoender.
  3. Rooster die hoender vir 1 uur 20 min. tot gaar. Laat afkoel.
  4. Trek die vleis met jou vingers van die been af.
  5. Smelt die botter in ’n kastrol. Braai die ui, knoffel, gemmer en rissie daarin tot sag.
  6. Gooi die kerriepasta by en braai vir nog 3 min.
  7. Gooi die klapperroom, tamatie en grondboontjiebotter by en laat saam kook.
  8. Draai die hitte laer en laat prut vir 30 min.
  9. Roer die aangemaakte mielieblom by en laat prut vir nog 10 min.
  10. Gooi die hoendervleis by en verhit. Laat afkoel.
  11. Werk met een stuk deeg op ’n slag en rol elk op ’n skoon, meelbestrooide vlak uit tot 7 mm dik.
  12. Voer ’n diep 21 cm x 26 cm pan met die een helfte uit.
  13. Skep die hoendervulsel in en bedek met die res van die deeg.
  14. Verf liggies met eier en bak vir 30-40 min. of tot goudbruin en gaar.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

1 day Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

1 day Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

1 day Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.