Bestanddele
Vir die bolaag
- 1 patat, geskil en in blokke gesny
- 2 aartappels, geskil en in blokke gesny
- 250 g botterskorsie, blokke
- 5 ml (1 t) neutmuskaat
- 5 ml (1 t) fyn kaneel
- 60 ml (¼ k) botter
Vir die vulsel
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 2 uie, gekap
- 1 seldery, fyn gesny
- 2 wortels, fyn gerasper
- 5 ml (1 t) gekapte knoffel
- 500 g maer beesmaalvleis
- 30 ml (2 e) tandoori- kerriemengsel (ons gebruik Nomu s’n)
- 10 ml (2 t) borrie
- 2 lourierblare
- 125 ml (½ k) beesaftreksel
- sout en gemaalde swartpeper
Metode
Voorverhit die oond tot 220 °C.
- Maak die bo-laag: Kook die patat, aartappel en botterskorsie in gesoute water tot sag. Dreineer en druk fyn met `n vurk.
- Maak die vulsel: Sprinkel die neutmuskaat en kaneel by en roer die botter by. Hou eenkant.
- Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte en braai die uie, seldery, wortel en knoffel daarin tot sag.
- Voeg die maalvleis by en braai tot gaar en bruin. Voeg die kerriemengsel, borrie en lourierblare by. Braai vir nog 1 min.
- Gooi die aftreksel by en prut vir 15-20 min. Geur na smaak. Skep in oondvaste bakkies.
- Skep die bo-laag op die maalvleis in die oondvaste bakkies. Bak vir 10 min. tot goudbruin.