Gunstelingmaskara: Lancôme Hypnose Doll Eyes Mascara; die haartjies van die borseltjie is lekker dig, wat help om elke wimper goed te dek. Die borsel is ook nie te vet nie, net dun genoeg om lekker onder die wimpers in te pas. Die vorm van die borseltjie maak dit ook makliker om aan te wend.
Maybelline One by One is ’n goedkoper opsie wat net so goed werk. Die borseltjie is lekker kort en vet en dit skei jou wimpers van mekaar en maak dat jou wimpers voller lyk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }#rooiroswewenk: Wend altyd meer as een lagie maskara aan en begin by die wortels; ek sien gereeld dames wat maskara net aan hul punte het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Gunstelingmaskara: My drie gunstelinge op die oomblik is: Bobbi Brown Extreme Party Mascara. Dit gee wonderlike lengte, volume en definisie. MAC Studio Fix Bold Lash maak glad nie klonte nie en Maybelline se Collosal Volume Mascara gee fantastiese volume.
#rooirosewenk: Om te keer dat jou maskara smeer, klad eers die borseltjie aan ’n sneesdoekie voor jy dit aanwend.
Gunstelingmaskara: Lancôme Hypnose Doll Eyes Mascara; dit dek elke liewe haartjie sonder om dit swaar te maak en te laat hang, en gee daardie grootoog poppie-effek.
#rooirosewenk: Wend maskara aan die bo- en onderkant van jou wimpers. Begin by die bo-kant van jou boonste wimpers en rol die borseltjie van die wortels van jou wimpers uit na die punte; dit sal jou wimpers meer krul. Wend die maskara onder ook van jou wortels na jou punte aan. Trek die borseltjie opwaarts en uitwaarts om ’n “grootoog” effek te skep.
Bestanddele Susan sny elke laag deur en vorm so ’n vierlaagkoek. Ons het die resep…
Die kykNET-sepie Suidooster se sterre skitter weer helder by vanjaar se Suidoosterfees by die Kunstekaap. …
Daar is ’n ou stukkie Chinese wysheid wat sê: “Jy sterf van jou voete af…
Vier Paasfees met ’n lang, uitgerekte kuier in die buitelug. Hier is heerlike en maklike…
Ontglip jou kind jou elke keer as jy wil gesels? Hier is ’n paar wenke…
Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié…
Hierdie webwerf gebruik koekies.