Die reeks is ontwerp deur die populêre susters, Kendall en Kylie Jenner en is vars en jeugdelik. Die reeks vertoon hul LA-leefstyl met ’n moderne, eklektiese gevoel en bevat iets van elkeen se individuele styl.
Die susters is opgewonde om hul reeks in TOPSHOP-winkels te sien, en voel dit is die perfekte plek om die energie en gevoel van hul ontwerpe uit te beeld. In die kledingstukke is daar van vintage-style tot Hawaiian-patrone te sien. Die reeks het ook gesofistikeerde ontwerpe met wyepyp broeke en maksi-rokke wat die reeks mooi afrond.
Kendall en Kylie glo die reeks is inspireerend en dat dit geniet sal word soos wat hulle dit geniet het om die verskillende style te ontwerp.