kategorieë: Dra dit soMode

Ken jy kasjmierwol?

Hoekom hou ons van kasjmier?

Kasjmier laat jou altyd elegant en stylvol lyk. Die materiaal voel ongelooflik teen jou vel en omdat die natuurlike vesels temperatuurreguleerders is, veroorsaak dit nie irritasie nie. Die eindresultaat: jy gaan met baie selfvertroue en ’n positiewe gesindheid rondloop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ken die verskil

’n Goedkoper kasjmiertrui bestaan gewoonlik uit ’n kombinasie van kasjmier en wol, maar ’n 100%-kasjmiertrui sal so aangedui word op die etiket en daar sal ’n prysverskil wees. Kasjmiertruie verloor ook nie hul vorm nie, waar ‘goedkoper’ truie geneig is om uit te rek. Wees op die uitkyk vir oorspronklike en egte kasjmier-eienskappe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verskillende style & snitte

Klassieke v-nek kasjmiertrui

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die klassieke v-nek, saam met ’n wit, noupassende denimbroek en ’n dun, swart beltjie het ’n neutrale, sag-op-die-oog-voorkoms maar dan kikker ons dit op met silwer platform wighakskoene! Kleure soos wit, swart en grys is tydloos en elegant. Die algehele voorkoms is eenvoudig, dog styvol.

Grys kasjmiertrui (R1 299; XXS-XXL) Trenery. Taryn denim belt (R399; SM-ML) Witchery. Wit verslankende denim (R350; 8-22) Woolworths. Silwer wighakke (R400) Sissy Boy.

Geriffelde kasjmiertrui

Die roomkleur en “over-sized” gevoel van dié kasjmiertrui komplimenteer mekaar goed. Die kleur gee ’n baie gemaklike gevoel en voorkoms. Oor die algemeen is dit ’n gewone ‘elke-dag’ styl, maar die roosgoud horlosie verhelder die algehele voorkoms.

Roomkleur kasjmiertrui (R3 149) Mango. Ligte blou denim (R299; 6-18) RE:Denim. Wit tekkies (R749) Superga. Roosgoud Michael Kors-horlosie (R4 999) American Swiss.

“Shrug” kasjmiertrui

Die “shrug”-trui kom alleedaags voor, maar is terselfdertyd gesofistikeerd. Trek ’n styfpassende hemp onderaan omdat die trui reeds los pas.

Grys “Shrug” trui (R999) Poetry. Geskeurde denim (R450; 6-18) RE:Denim. Karamel-stewels (R1499) Trenery. Wit langmouhemp (R299; XXS-XL) H&M. Botaniese gedrukte serp (R225) Old Khaki.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

12 hours Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

18 hours Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

18 hours Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

18 hours Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

19 hours Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

20 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.