Foto: Dear Rae
Niemand kon tot dusver ’n presiese skakering vir hierdie “kleur” definieer nie, maar modehuise soos Vogue beskryf dit as ’n mengsel tussen spookasem en salm met ’n dowwe ondertoon. Dink aan die boonste gedeelte van die hotel in The Grand Budapest Hotel-film.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die stereotipiese millennial is daarvoor bekend om opslae teenoor kwessies soos seksualiteit te maak en om die besigheidswêreld op sy kop te draai met nuwe verwikkelinge – daarvandaan die term “millennial”. Daar word ook beweer dat die kleur geslagsgelykheid verteenwoordig, omdat dit iewers tussen die tradisionele geslagskleure blou en pienk lê. Millennial pienk is dus by beide mans- en vrouklereafdelings te koop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Sedert 2015 het Pantone ’n pienk kleur van die seisoen aangekondig; van rooskwarts, roosgoud tot “pale dogwood”. Daarom is dit geen geheim nie dat pienk herhaaldelik in die modewêreld te sien is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Omdat hierdie nuwe kleur so onduidelik gespesifiseer is, kan jy sekere skakerings manipuleer sodat dit by die kleurpalet van jou voorkeur pas. Millennial pienk is nie net in die modewêreld te sien nie, dit kom voor by dekoritems, grimering, haarkleur en selfs by kos. Jy kan pienk stileer sonder om soos ’n Barbie-pop te lyk. Kyk na ontwerpers soos Marc Jacobs, Gucci, Céline en Balenciaga om jou te inspireer.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.