kategorieë: Drankies

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis

Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories met luuksheid en die weelderige partytjies van koninklike howe geassosieer, omrede dié duursame drankie as ’n status simbool beskou was. Hoewel die pragtige borrels een van vonkelwyn se beste eienskappe is, was dit in toeka se tyd ’n absolute faux pas in die Franse se wynmaakproses gewees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dié glips het as gevolg van ’n tweede fermenteringsproses ontstaan. Ná jare se verfyning het ’n Franse wynmaker die kuns van vonkelwyn-maak vervolmaak deur ’n matige-soet, borrelende, helder variasie van dié drankie te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Is dit MCC of Vonkelwyn?

Suid-Afrikaners maak sedert 1659 wyn en ons wynmakers ken ’n ding of twee van hoe om wêreldklas vonkelwyn te produseer. Die Wes-Kaap se klimaat is soortgelyk aan dié van die wêreld se beste wynproduserende lande soos, Frankryk, Spanje en Italië. Dit is g’n wonder dat ons wyne by van die bestes in die wêreld kan kersvashou nie.

Hoewel baie mense nog na vonkelwyn as sjampanje verwys, is ’n streng wetgewing en handelsooreenkoms sedert 1992 in plek gestel wat vonkelwyn-produsente buite die Champagne-streek in die noorde van Frankryk verhoed om hul vonkelwyn “sjampanje” te noem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In Suid-Afrika bestaan is daar twee metodes wat gebruik word om vonkelwyn te produseer, waarvan een die tradisionele Champagne-metode naboots. Die ander metode is ’n wel-bekende Italiaanse metode genaamd Charmant.

Onderskei tussen dié twee metodes deur na die fyn skrif op die etiket te verwys. Vonkelwyne wat deur die Champagne-metode geproduseer word, word as Methodé Cap Classique, oftewel MCC, geëtiketteer en die ander metode word bloot as “Vonkelwyn” geëtiketteer.

Hoe om vonkelwyn te drink

  • Hou jou glas aan die steel vas om die vonkelwyn koud te hou.
  • Verwyder slegs die draadomhulsel wanneer jy gereed is om die vonkelwyn te skink, omrede drukking in die bottel mag opbou wat die kurkprop te vinnig sal laat uitskiet.
  • Moet nooit die kurkprop rofweg uittrek nie. Doen dit eerder stadig sodat jy ’n ligte “pop”-geluid hoor om só die borrels te behou.
  • Onthou om altyd jou glas skuins te kantel terwyl jy vonkelwyn skink.
  • Vonkelwyn moet altyd yskoud bedien word.
  • Dit is in die mode om ’n glas vonkelwyn met klassieke canapés soos oesters, kaas en aarbeie te geniet.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

18 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

19 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

20 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

22 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

23 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.