Ken jou vleissnitte deur Vickie de Beer.
Ken jou vleissnitte
Kies ferm, helder rooi vleis.
Kyk wanneer die vervaldatum is.
Sorg dat daar nie gate of ekstra vloeistof in die verpakking is nie.

Wors
Bêre die vleis op die onderste rak van die yskas (die koudste plek) sodat bloed nie in ander kosse inloop nie.
Kruisstuk (rump), bolendeskyf (porterhouse) en lendeskyf (sirloin) bevat meer vet as filet en kan daarom smaakvoller wees. Maak dit vinnig oor baie warm kole gaar.

Bolendeskyf (porterhouse)

Kruisstuk (rump)
Filet (gewis die duurste) moet net vir ’n kort rukkie oor baie warm kole gebraai word. ’n Filet kan heel oor die kole gerooster word en later in dun lappies gesny word, of jy kan dit voor die tyd in dik skywe sny en vinnig oor die kole rooster. Vir die beste resultate behoort jy die skywe vir 5 min. aan ’n kant te braai en net een keer om te draai.

Ken jou vleissnitte: Filet
Lamsnoisettes: ’n Noisette word gewoonlik uit die lende gesny, is beenloos en daarom ’n heerlike stukkie vleis om oor die kole gaar te maak.

Ken jou vleissnitte: Lamsnoisettes
Lamslendetjops: Lamvleis behoort nooit gaarder as ligpienk voorgesit te word nie. Draai die tjops op hul sye om die vet behoorlik bros te laat word vir die lekkerste smakie.

Ken jou vleissnitte: Lamslendetjops