kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Ken jou pligte en regte as ‘n huishoudelike werkgewer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Baie mense is steeds onbewus hiervan en sommige glo selfs dat die indiensneming van buitelandse werkers hulle vrystel van hierdie verpligtinge. Die waarheid is egter ver hiervan verwyder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Boonop, wanneer jy nié jou wetlike verpligtinge nakom nie, kan dit lei tot ernstige regs- en finansiële gevolge, wat stewige boetes en negatiewe uitkomste by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (CCMA) insluit. Stuart MacGregor, kundige arbeidsregpraktisyn en Ex Officio Amptenaar by (SA)UEO, werp lig op die pligte en regte van huishoudelike werkgewers deur van die mees brandende vrae van huishoudelike werkgewers aan te spreek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

A: ‘n Huishulp sluit enige individue in wat dienste verskaf binne private huishoudings, insluitende skoonmakers, tuiniers en versorgers van kinders, bejaardes, of siekes en gestremdes.

A: Versuim om te voldoen aan die nodige wetlike verpligtinge kan lei tot stewige boetes van enigiets tussen R10 000 en R50 000, afhangende van die erns en duur van die oortreding.

Verder, indien jou huiswerker ‘n eis teen jou by die CCMA indien en jy word skuldig bevind aan onbillike arbeidspraktyke, kan daar finansiële vergoeding aan die werknemer toegeken word, waarvoor jy dan uit die aard van die saak verantwoordelik sal wees.

A: Ja, dit is verpligtend om huiswerkers van dienskontrakte en posbeskrywings te voorsien indien hul 24 uur of meer per maand werk by jou werk. Die doel hiervan is om deursigtigheid en duidelikheid met betrekking tot rolle en verantwoordelikhede verseker.

A: Werkgewers moet rekords byhou wat al die noodsaaklike werknemerinligting bevat, insluitende: ID, dienskontrak, ure gewerk, vergoeding en kontakbesonderhede. Wanneer die werknemer nie langer in jou diens is nie, moet jy hierdie rekords vir nog drie jaar daarna bewaar.

A: Ja, in ooreenstemming met Sektorale Vasstelling 7 van die wet, moet werknemers op elke betaaldag betaalstrokies ontvang wat al die relevante salarisinligting bevat.

A: Ja, volgends die Wet moet jy alle huiswerkers wat 24 uur of meer per maand by jou werk vir beide UIF en Coida registreer, sodat hul beskerming het vir werkloosheide en werksverwante beserings of siektes.

A: Ja, alle huiswerkers is geregtig op gespesifiseerde betaalde verlof. Algemene verlof word bv. bereken op grond van een dag verlof vir elke 17 dae gewerk, ongeag die aantal dae wat per week gewerk word.

A: Ja, met redelike vooraf kennisgewing, mag gemagtigde arbeidsinspekteurs wel jou perseel betree, al is dit in ‘n kompleks of landgoed.

Bykomende pligte teenoor buitelandse huiswerkers

A: Ten tyde van indiensneming:

  • Verkry oorspronklike paspoort en werkspermit
  • Verifieer die geldigheid van die dokumente
  • Bevestig die vervaldatum van die paspoort en werkspermit
  • Neem kennis dat hierdie dokumente vóór die vervaldatum hernu moet word
  • Sluit ‘n spesifieke klousule in die dienskontrak in om voorsiening te maak vir die tydige hernuwing van die werkspermit

A: In gevalle waar jou huishulp ‘n geldige, hernubare werkspermit het, hoef jou huishulp nie na die land van herkoms terug te keer nie en kan die hernuwing plaaslik gedoen word. Die hernuwingsaansoek moet egter vroegtydig gedoen word voordat die huidige werkpermit verval.

Die pad vorentoe

Om jou pligte en regte as ‘n huishoudelike werkgewer te verstaan, is uiters belangrik vir die bevordering van ‘n regverdige werksomgewing. Deur aan wetlike vereistes te voldoen en deursigtige indiensnemingspraktyke te verseker, kan werkgewers die veiligheid en regte van hul huiswerkers beskerm en hulself teen wetlike nagevolge beskerm.

Dit is ook belangrik om deel te wees van ‘n georganiseerde groep wat ten doel het om die regte van werkgewers te bevorder. Net soos werknemers by vakbonde aansluit om hul regte te bepleit, kan werkgewers ook baat daarby om aan ‘n werkgewersorganisasie te behoort. Om deel te wees van so ‘n “kollektiewe stem” is veral belangrik tydens sektorale vasstellings, wanneer die terme en voorwaardes van diens, sowel as minimum lone, beding word.

SA)UEO bied ‘n unieke, pasgemaakte lidmaatskapkategorie spesifiek vir huishoudelike werkgewers aan, vir slegs R70 per maand (plus BTW). Lede kry toegang tot groep-CCMA-dekking en ‘n magdom hulpbronne en ondersteuning om hul wetlike verpligtinge so moeiteloos as moontlik na te kom, en terselftertyd hul werkers te beskerm en te bemagtig. Vir meer inligting, stuur ‘n epos aan domestics@saueo.co.za of besoek www.saueo.co.za.

Lees ook: Begin met die einde in gedagte: Hoe om die herverkoop van jou voertuig te beplan

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hoe om ’n trae kind te motiveer

Menige ouer gooi hande in die lug oor ’n kind wat nie wil leer nie,…

3 days Gelede

8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk

Breinoefeninge is net so deel van goeie gesondheid as om jou lyf te oefen. Gelukkig…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 days Gelede

Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Karlien van Jaarsveld het pas haar nuwe enkelsnit, Katrientjie Katryn, uitgereik, waarin sy ’n diepgaande…

3 days Gelede

Winter is die beste tyd om te snoei!

Winter is die beste tyd om struike te snoei aangesien dit die russeisoen is, en…

4 days Gelede

Diepe Waters-akteurs bederf kinders op Mandela-dag

Op 18 Julie word daar regoor Suid-Afrika Mandela dag gevier, met Suid-Afrikaners wat 67-minute van…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.