kategorieë: WenkeMode

Ken jou liggaamsvorm en vlei jou figuur

Ken jou liggaamsvorm en vlei jou figuur deur Susra Mathee en Bea Lingenfelder. Hooffoto:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hooffoto: Ksenia Chernaya vir Pexels

Dit sal jou help om te weet watter klere om te dra wat jou figuur sal vlei sodat jy op jou heel beste lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Die reghoek (I-vorm)

Daar is nie ’n beduidende verskil in die grootte van die heupe, middel en bors nie. Jy sal jou eie kurwes moet skep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Fokus op A-lyn-rokke en bloese wat jou skouers beklemtoon.

Vermy noupassende klere, vormlose snitte en broeke wat nouer na onder gesny is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: 10 wenke om jou figuur te vlei

2. Omgekeerde driehoek (v-vorm)

Jou skouers is prominent en jy het dikwels ’n platter agterstewe en smal heupe. Dit beteken nie jy het ’n driehoekfiguur as jy groot borste het nie.

Hou die fokuspunt onder – broeke en rompe met ’n A-lyn en helder kleure werk goed.

Vermy hemde met ’n groot kraag of ballonmoue en broeke.

Lees ook: Vlei jou beste bates in ’n eenstuk-swembroek

3. Die peervorm (A-figuur)

Vroue met hierdie figuur is swaarder om die heupe en agterstewe.

Kies uitrustings wat die oog na bo lei, soos ’n bloes wat op jou skouers fokus.

Moet ook nie vergeet om jou middel te beklemtoon nie.

’n Romp of rok wat sag na onder uitklok, kan jou heupe en agterstewe verbloem.

Vermy broeke wat nouer om die enkels is en lospassende of uitklokhemde.

Lees ook: Maak jy onbewustelik hierdie 9 modefoute?

4. Uurglasfiguur (X-figuur)

Die omtrek van jou bors en jou heupe is min of meer dieselfde en jou middel is dunner.

Fokus op snitte wat vleiend om jou kurwes vou.

Vermy lospassende of oorgrootklere wat jou vormloos kan laat lyk, asook onnodige valle of versierings wat jou kurwes en liggaamsvorm oorbeklemtoon.

Lees ook: Hierdie 8 dinge kan jou slordig laat lyk

Hooffoto: Ksenia Chernaya vir Pexels

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

18 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

19 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

20 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

22 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

23 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.