Britse bier (ale)
’n Vrugtige karakter en bitter nasmaak is kenmerkend van ale- of Britse bier, wat die Britte teen kamertemperatuur, of effens warmer, drink. Ale is hoër in alkohol en het ’n sterk karakter.
Lagerbier
Dié bier, wat die beste smaak wanneer dit yskoud is, neem gewoonlik langer as ale om te brou. Lager het ’n valerige kleur en word deur middel van ’n bodem-fermentasieproses
vervaardig.
Pilsener
Pilsenerbier is vir die eerste maal in 1840 in die stad Pilsen in die destydse Tsjeggo-Slowakye gebrou. ’n Kenmerkende hop-karakter maak dié bier, bekend as die wêreld se eerste goue bier, anders as die valer lager.
Engelse moutbier, ook bekend as swartbier, (stout) en porterbier
Hoewel daar ’n verskeidenheid soorte mout- en porterbier is, word dié soort bier aan sy donker kleur en ryk smaak uitgeken. Moutbier smaak uitstekend saam met oesters, terwyl mout- en porterbier goed saam met vleisbredies en skulpvis werk.
Koringbier
Koringbier is algemeen bekend as ’n Duitse bier, maar word deesdae oral in die wêreld gebrou. Die bier word met baie koring gemaak (daarom die naam), en kan uitgeken word aan ’n romerige tekstuur en soet geur.
Bockbier
Dié bier is na die bekende Duitse dorpie Einbeck vernoem, en is swaarder en donkerder as ’n lager. Volgens legende is bockbier oorspronklik deur monnike gebrou en gedrink wanneer hulle gevas het, aangesien dit ’n hoër voedingswaarde het en hulle dus langer aan die gang kon hou.
Droog
Droë bier word langer as ander biersoorte gefermenteer sodat amper al die suiker daarin alkohol word. Dié bier het gevolglik ’n kraakvars smaak en nie veel van ’n nasmaak nie.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.